’n Grenadellarolkoek is ’n vinnige, maklike koek om te bak
1 rolkoek
Bestanddele
3 eiers, geskei
125 ml (120 g) strooisuiker
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
30 ml (2 e) koue water
180 ml (95 g) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
VULSEL
250 ml (1 k) room
30 ml (2 e) versiersuiker
1 houer grenadellapulp
Metode
Voorverhit oond tot 200 °C.
- Berei ’n rolkoekpan van 25 cm x 33 cm voor deur dit met waspapier uit te voer en met gesmelte botter te smeer. Sprinkel koekmeel oor.
- Klits eierwitte tot styf en voeg strooisuiker geleidelik by.
- Klits eiergele en water by eierwitmengsel.
- Sif koekmeel en bakpoeier en vou by beslag in.
- Smeer beslag in rolkoekpan en maak gelyk bo-op.
- Bak vir 12 minute tot goudbruin en gaar.
- Bestrooi ’n klam vadoek met strooisuiker en keer koek op vadoek uit. Trek bakpapier versigtig af. Strooi koek met strooisuiker en bedek met nog ’n klam vadoek. Rol koek in die lengte op.
- Laat koek afkoel.
- Vulsel Klop room en versiersuiker tot styf.
- Rol rolkoek af, smeer styfgeklitste room en grenadellapulp oor en rol dit weer op.
Mareli Visser is die wenner van Koekedoor 1,’n realiteitsprogram op KykNET. Sy is ook die skrywer van “UITGERYS” ‘n Afrikaanse resepteboek wat spesialiseer in brood. Sy is die aanbieder van haar eie bakprogram op VIA TV – Die Koektannie. En daarby saam sorg sy ook elke week vir heerlike gebak in Vrouekeur.