Wit en blou vat mens see toe en dié kombinasie gee ’n staatsdienstafeltjie van toentertyd nuwe lewe
Dis of ek vanaf stap 1 met hierdie kassie die see kon ruik en die branders hoor. As jy jou voorbereiding reeds gedoen het, kan jy hierdie hierdie kassie oor ’n naweek klaarmaak.
Voorbereiding
Skuur jare se olie en vernis goed af. Vee goed met spiritus af en dan met ’n klam lap.
Verf
Verf drie lae Granny B’s Old Fashioned Paints se Daisy White oral oor. Wag minstens 90 minute tussen die lae om goed droog te word en laat die verf oornag verhard.
Transfer
Sny jou ontwerpe vir die blaaie en kante uit en monteer dit stuk vir stuk . Ek het dele van Floral Lover (geruite patroon), French Ceramics (blomme) en Never Ending Story (skrif) gebruik. (Kyk op www.grannyb.co.za vir meer inligting.)
Afronding
Seël met Granny B Armour sodra jy klaar is met die montering. Sit minstens drie lae seëlaar op – wag totdat dit goed droog is tussen die lae.
Verfprodukte van Granny B’s Old Fashioned Paint. Kontak Yolande Terblanche (082 448 7117) om uit te vind waar jy die verf kan koop. www.grannyb.co.za en op Facebook, Granny B’s Old Fashioned Paint
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.