Die heerlike neut-en-sjokolade-koekieskoekies sal sommer gou opgeëet sal word
80 koekies
Bestanddele
260 ml (250 g) botter
265 ml (225 g) suiker
265 ml (225 g) bruinsuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
2 eiers
560 ml (295 g) koekmeel
430 ml (165 g) hawermout
2,5 ml (½ t) sout
5 ml (1 t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
450 g melksjokolade, fyngekap
200 g neute
Metode
Voorverhit oond tot 180 °C en berei bakplate met waspapier voor.
- Klop botter, suiker, bruinsuiker en vanieljegeursel tot lig en donsig.
- Voeg eiers een vir een by en room.
- Meng koekmeel, hawermout, sout, bakpoeier en koeksoda by.
- Voeg sjokolade en neute by en meng deur.
- Rol 15 ml-balletjies en pak op bakplaat.
- Bak vir 20 minute tot gaar.
- Laat goed afkoel en verpak.
Mareli Visser is die wenner van Koekedoor 1,’n realiteitsprogram op KykNET. Sy is ook die skrywer van “UITGERYS” ‘n Afrikaanse resepteboek wat spesialiseer in brood. Sy is die aanbieder van haar eie bakprogram op VIA TV – Die Koektannie. En daarby saam sorg sy ook elke week vir heerlike gebak in Vrouekeur.