Rooi, geel en groen blikke vir bottels, plastiek en papier is prakties en nodig, maar pas nie noodwendig by jou kleurskema nie
Voor
Om plastiek, papier en bottels te hersirkuleer, is vir my nie onderhandelbaar nie, maar die oulike blikke wat ek vir dié doel by ’n bekende kettingwinkel gekoop het, was vir my net te helder en al wat ek later in die kombuis kon sien, was die drie blikke. Dit moes geverf word. Met Granny B’s Old Fashioned Paint en produkte kan jy enigiets omskep – volgens jou smaak.
Ek het twee voorbeelde geverf. Een vir mense soos my dogter wat glad nie van fieterjasies hou nie – die drie blikke in neutrale skakerings pryk nou in haar en haar man se kombuis. Die ander drie het ek vir ons kombuis geverf, want die ma hou duidelik meer van tierlantyntjies. Hierdie is slegs idees – Granny B het ’n wye verskeidenheid kleure en produkte om uit te kies – loer op hul webwerf en kies wat in jou huis gaan werk.
Kleure en produkte gebruik
- Neutrale blikke Mushroom, Overcast, Hurricane (twee lae verf op elke blik met twee lae Armour Matt seëlaar oraloor op al drie).
- Oordadige blikke Daisy White, Mushroom, Overcast, Dove Grey en Liquid Metal Gold (twee lae verf op elke blik met twee lae Armour Matt seëlaar oraloor op al drie).
- Die deksel se kante se goue verf het ek met Dove Grey gedroogborsel sodat dit nie te blink is nie.
- Op hierdie blikke se deksels het ek met Liquid Metal Gold verskillende patrone liggies gestensil en toe transfers gebruik vir die blare.
- Die blare op die blikke is ook transfers – nuwe produkte wat jy slegs by Granny B kan koop en waaroor ek gaande is.
Verfprodukte van Granny B’s Old Fashioned Paint. Kontak Yolande Terblanche (082 448 7117) om uit te vind waar jy die verf kan koop. www.grannyb.co.za en op Facebook, Granny B’s Old Fashioned Paint