Vroeër jare het hulle ’n rêrige besemstok ingespan, maar deesdae kan jy ’n dik breinaald gebruik
CHRISTA SWANEPOEL
WENKE
Vir groter projekte kan jy bane hekel en dit aanmekaarwerk. Die dikste naald wat ek kon kry, is 20 mm. Jy kan ook ’n dweil koop en die punt effens dunner vyl.
AFKORTINGS
gl – glip kb – kortbeen ks – kettingsteek ls(e) – lus(se) sdop – sit draad om pen
WAT HET JY NODIG?
3 balle NINI PULLSKEIN DK in turkoois (kleurnommer 23A) 20 mm-breinaald 4 mm-hekelnaald
HEKELINLIGTING
- Besemstokhekelwerk kom reeds van die 19de eeu af, toe besemstokke daarvoor gebruik is.
- Die breedte van jou werk sal van die lengte van die breinaald afhang. Op ’n breinaald van 36 cm kan jy tot 220 steke inkry. Vir dié projek is 125 steke vir die breedte van 60 cm gebruik.
- Jy hoef nie die twee rye kortbene tussen die rye te maak nie. Begin direk weer met lusse op die breinaald nadat jy die vyf-vyf-lusse saamgehekel het. As jy dit só doen, is die werk alkant selfkant.
AANWYSINGS
Maak ’n basisry van 126 ks.
1ste ry: 1 kb in 2de st van naald af, 1 kb in elke ks tot einde. 125 kb.
2de ry: vergroot die laaste kb se lus (foto 1 en 2) en haak dit oor die breinaald. Met die hekelnaald trek ’n ls deur die 2de kb en haak dit oor die breinaald. Gaan só voort tot aan einde en maak seker jy het veelvoud van 5 lse op naald (foto 3).
3de ry: gl eerste 5 lse van breinaald af (foto 4). Steek die hekelnaald van regs na links deur 5 lse, sdop, trek deur die lse en maak 1 ks. Hekel 5 kb om rand van 5 lse (foto 5 en 6). Trek al die ste van die breinaald af en gaan voort om 5 lse op ’n slag met vyf kb saam te hekel tot einde (inlasfoto op bladsy 58).
4de ry: 1 ks, 1 kb in elke kb tot einde.
5de ry: herh 4de ry. Moenie werk omdraai nie. Herh 2de tot 5de ry vir nog sowat 22 rye of lengte verlang. Heg af.
Produkte gekoop by Elite Fabrics, East Lynne, 012 800 1541. Stel met breidraad, patroon en kort besemstoknaald beskikbaar by Wool Knitters Paradise, Frederikastraat, Gezina, Pretoria, 012 335 7743 Stapsgewyse foto’s Corné Swanepoel
SOURCES
ELMARIE KNAPTON
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.