Vir 13 jaar het KAMERS die groeiende gemeenskap van kreatiewe, innoverende en opwindende ‘skeppers’ aan kieskeurige SA-verbruikers bekendgestel.
Deur voort te bou op die groeiende aanvraag na handgemaakte produkte, direk aangekoop vanaf die vervaardigers, beoog KAMERS om weer nuwe kreatiewe en skeppende entrepreneurs se werk in meer as vyf uitstallings tydens 2016 ten toon te stel.
Wanda du Toit, een van KAMERS stigters, sê as haar positiwiteit oor ons land ’n insinking beleef, besoek sy net een van die 200 talentvolle entrepreneurs wat elke jaar oudisies doen om aan KAMERS deel te neem.
“Die kreatiwiteit en energie om ’n eie onderneming in ons land te begin, is ongelooflik. Dit is so bemoedigend!”
KAMERS se dertiende jaar gaan ’n gelukkige een wees en sal na verwagting ’n groei toon op die platform van spontane handel (“pop-up retail”). Dit bied ’n koesterende omgewing aan honderde talentvolle entrepreneurs waarin hulle meer oor die bedryf kan leer.
KAMERS se programme vir herfs:
KAMERS 2016 Johannesburg
20 – 24 April 2016
St John’s College, Houghton
9:00-17:00 Woensdag tot Saterdag
9:00-15:00 Sondag
KAMERS 2016 Kaapstad
1 – 5 Junie 2016
Kasteel de Goede Hoop
9:00-17:00 Woensdag tot Saterdag
9:00-15:00 Sondag
Toegang
R70 en sluit ’n pragtige KAMERS-inkopiesak in
Afslag is beskikbaar vir studente en pensioenarisse
Kaartjies is beskikbaar by die ingang of by www.plankton.mobi
Koop aanlyn by shop.kamersvol.com | facebook.com/kamersvol | Twitter & Instagram: @kamersvol