Maryke en Clifford Roberts het hul laaste dag by die 22ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn bygewoon. Kyk wie hulle raakgeloop het en wat hulle bygewoon het.
Maryke Roberts
Dansers van die Cape Dance Company was te sien in twee produksies, Blue en A thousand shepherds.
Die Kunskwartier was ‘n hutspot vol verskillende kunsstyle en kunstenaars, terwyl die straatmusikante en mimiekkunstenaars kort-kort hul verskyning gemaak het.
Die plek waar jy lekker uit die wind en reën en gedruis kan gaan ontspan, is die Liplekker-saal, waar wynplase en lekkerbek-plekke hul ware uitstal. Die wyn is koud, die kos is warm en geurig en die atmosfeer lekker plattelands en gul.
Die Liplekker-saal, waar wynplase en lekkerbek-plekke hul ware uitstal en jy ook wyn kon koop om saam te neem huis toe.
Die Rivierbuurt is die ideale plek om jouself die heeldag tuis te maak. Daar is vermaak vir die kinders, lekker vermaak op die verhoë en natuurlik die stalletjies waar jy van biltong tot blikbekers met kwinkslae op kan koop.
Simeon Nelson se werk, All our ancestors, is deel van die kunsuitstalling in die Prins Vintcent-gebou.
Dansers van die Cape Dance Company in die produksie, Blue.
SOURCES
Clifford Roberts