Maryke en Clifford Roberts het die 22ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn bygewoon. Kyk wie hulle raakgeloop het en wat hulle bygewoon het.
Maryke Roberts
Jak de Priester het sy vyfde en laaste vertoning by Die Boer teaterrestaurant in die kerksaal gehou; daar is roosterkoek gebraai op die kole, duisende pannekoeke gebak en die RSG verhoog bly ‘n groot gunsteling. Hier is heeldag vermaak en feesgangers kan lekker onder die sambrele op hooibale ontspan, saamkuier en iets drink.
By die CP Nel Museum word radiohoorbeelde in Die Beiteltjie gespeel, die boekwinkel gons en musikante soos die blaasorkes van Hoërskool George kom vermaak feesgangers op die trappe.
Die derde en laaste vertoning van Sizwe Banzi is Dead was op die planke; die aangrypende verhaal van aanvaarding, oortreding en vergifnis in Son.Maan.Sterre het weer vol sale getrek; by die Musiekplaas is die Huisgenoot 100-vertoning gehou en die Rivierbuurt het gegons.
In Die Huis van Bernarda Alba met Dawid Minnaar, Antoinette Kellerman, Joanie Combrink, Lida Botha, Cintaine Schutte, Tinarie van Wyk-Loots, Lorraine Burger, Mariechen Vosloo en Anoecha Krüger, vertel die verhaal van Bernarda Alba, wat na die dood van haar tweede man, besluit sy en haar vyf dogters gaan vir twee jaar rou. Niemand gaan uit nie, almal leef agter slot en grendel – in stilte en aanvaarding. Dinge loop egter lelik skeef.
Jak de Priester het sy vyfde en laaste vertoning by Die Boer teaterrestaurant in die kerksaal gehou
Die Kwêla-gesprekke is baie gewild. Hannes van Wyk het met Margit Meyer-Rödenbeck, Martelize Kolver, Schalk Bezuidenhout en June van Merch oor hul optredes in verskeie produksies gesels.
Uitstekende spel, kostuums en stel in Die Huis van Bernarda Alba.
Een van die vertonings in die Uitkampteater-projek voor die Burgersentrum is Ivoortoring met die Nederlandse kunstenaars, Jacqueline Hamelink op tjello en kunstenaar Miesjel van Gerwen. Dit speel af in ’n skeepsvraghouer en kan net 12 feesgangers per vertoning akkommodeer.
SOURCES
Clifford Roberts