Dis weer sulke tyd – graadeentjies is op pad grootskool toe. Die artikel oor die A-Z van wenke om ’n goeie skooljaar mee af te skop, het my ’n hele paar dekades teruggeneem – na my graadtweejaar, in 1967, om presies te wees.
Dis weer sulke tyd – graadeentjies is op pad grootskool toe. Die artikel oor die A-Z van wenke om ’n goeie skooljaar mee af te skop, het my ’n hele paar dekades teruggeneem – na my graadtweejaar, in 1967, om presies te wees. As sewejarige het die rolprent Hoor my lied ’n blywende indruk op my gemaak en ek hoor vandag nog die liedjie in my kop: “En die A en die B en die grote C en die D en E en die snaakse F, ons kinders wil nou leer …” Genugtig, waar het die tyd heen gevlieg?
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.