Hierdie blomkoolherderspastei se resep is banting-vriendelik!
4 porsies
Bestanddele
1 kop blomkool
sout en peper
250 ml (1 k) mozzarella, gerasper
10 ml klapperolie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
500 g maalvleis
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn koljander
knypie fyn naeltjies
1 lourierblaar
420 g (1 blik) gekapte tamaties
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Kook blomkool tot sag. Dreineer alle water en sit terug op stoof op lae hitte om meeste van stoom te laat ontsnap.
- Druk blomkool met aartappeldrukker fyn, geur met sout en peper en roer kaas by. Hou eenkant.
- Braai ui in klapperolie tot sag, roer knoffel by. Skep uit en hou eenkant.
- Braai maalvleis tot goudbruin. Roer uiemengsel en speserye by. Braai goed.
- Gooi tamaties by maalvleis en laat effe kook.
- Skep maalvleismengsel in oondbak met fyngemaakte blomkool bo-op.
- Bak vir 30 minute of tot goudbruin.