Die 16de jaarlikse Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees is onlangs op Nelspruit/Mbombela gehou
Deur Maryke Roberts
Foto’s Clifford Roberts
Groot skares het bedags toneelstukke, musiekvertonings en aanbiedinge bygewoon en saans by die sportterrein vergader, waar vyf verskillende verhoë ’n verskeidenheid vertonings aangebied het.
Die hoofverhoog tydens die vierdag-fees het elke aand iets anders gebied: die Huisgenoot Super Sokkie; kykNET Rock NOU!-konsert; JacarandaFM Konsert; die kykNET Verjaardagkonsert en die Loof Hom Innibos-konsert.
Daar was meer as 300 kunstenaars tydens die fees op die verskillende verhoë te sien en te oordeel Jaar ingepalm het nie.
Behalwe die vertonings was daar ook vanjaar ’n oulike Innibos Boeke-Crawl waar feesgangers in ’n bus na Kaapsche Hoop vervoer is, waar kunstenaars gedigte voorgedra het; musikante musiek gemaak en gesing het. Die Secret Waterfall-toer na York Timbers se plantasie was ook baie gewild en feesgangers kon na twee watervalle in die plantasie stap en is later daar op middagete trakteer.
Daar was ook ’n Komedie-Crawl waar Dowwe Dolla, Barry Hilton, Pietman Geldenhuys en Hannes Brümmer op verskillende plekke opgetree het en feesgangers per bus tussen die plekke vervoer is.
Die plekspesifieke Be(t)roudag wat in ’n gastehuis afspeel en waar “trougaste” in groepe verdeel word om te help om die ring in die tuin en kamers te “soek”, het ’n ekstra vertoning ingeruim, omdat dis so gewild was. Dit was komedie op sy beste met Nicola Hanekom, Chris van Niekerk, Pulane Sekepe, Wilhelm van der Walt, Adriaan van As en Amalia Uys.
Daar was boekbesprekings in die tuin; heerlike gin-proeë saam met ClemenGold Gin. Natascha C en Henry-John Williams het ’n oulike Nederlandse vertoning daarmee saam gegee. Die beste films van die kykNET Silwerskermfees is in die Bosbioskoop vertoon.
aan die duisende feesgangers, is dit te verstane hoekom die kykNET-konsert verlede jaar die Fiësta vir beste opelugkonsert en die fees vir die vierde agtereenvolgende jaar die Fiësta vir Fees van die