Dis Maryke en Clifford Roberts se vierde dag vir Vrouekeur by die 17de Woordfees op Stellenbosch. Kyk wie hulle raakgeloop het en wat hulle bygewoon het.
Maryke Roberts
The Little Marionette Company en die US Dramadepartement het Die Reëngodin na die planke gebring oor die Afrika legende van ‘n reëngodin wat die reën kan laat val deur ‘n dans te doen. Die gode het die reën vir jare laat wegbly, omdat daar “lank, lank gelede ‘n stam in Afrika was, wat vergeet het om die gawe van die lewe te waardeer”. Modjadji moes die opoffering maak en vir die goeie gode wys sy kan.
Die musiek van Adam Tas het die galerybestuurder van The Tank Art Galery by Stellenbosch Hills inspireer om ‘n groepuitstalling te hou – Musiek wat in my bly – waar kunstenaars Adam se lirieke as motivering vir hul werke gebruik. Die opening was gisteraand en Adam Tas het self kom inloer en een van sy liedjies gesing.
JM Coetzee se Disgrace wat deur Saartjie Botha vertaal en verwerk is na In Ongenade, saam met Josse de Pauw en Luk Perceval en deur Jaco Bouwer regisseur is, vertel hoe ‘n geskeide dosent, David Lurie, by ‘n jong student betrokke raak en dit hom sy werk kos. Hy gaan na sy dogter, maar ‘n plaas-aanval verander hul lewens onherroeplik. Die trauma kataliseer die spanning tussen twee generasies in hedendaagse Suid-Afrika.
By die ATKV Boektent het Theuns Eloff gesels oor Wat nou, Suid-Afrika?, Nataniël het by die US Museum lesingslokaal sy stories vertel en by die Plataankafee was die grondwet onder bespreking.
In die grond van die wind vertel van die stormagtige dag in 1903 waar 138 bittereinder Suid-Afrikaanse boere in Patagonië in Argentinië aankom. Hulle weier om onder die Britse vlag te bly. Hul lief en leed is met sang en musiek deur ‘n hele groep kunstenaars by die Spier amfiteater illustreer.
Gerben Kempen speel David Lurie in In Ongenade.
The Little Marionette Company en die US Dramadepartement het Die Reëngodin na die planke gebring.
In die grond van die wind se kunstenaars.
Gloudine Kriel, galerybestuurder en Adam Tas.
Adam Tas vertel vir die gaste hoe groot eer dit is dat ander kunstenaars sy werk as inspirasie gebruik en sing ‘n liedjie.
SOURCES
Clifford Roberts