Hierdie ratatouille is ideaal vir vleislose Maandag en maklik om te maak!
4 porsies
Bestanddele
150 g (½ bottel) tamatiepastasous
1 ui, in halfmaanskyfies gesny
1 pakkie murgpampoentjies
1 pakkie vlapampoentjies
1 groot eiervrug
sout en peper
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Gooi pastasous in oondbak.
- Sny ui, murgpampoentjies, vlapampoentjies en eiervrug in dun skyfies.
- Rangskik groente oor pastasous en sprinkel met sout en peper.
- Maak toe met foelie en bak vir 25 minute of tot groente gaar is.