Ons 11 Maart uitgawe is propvol van my nuwe gunsteling mooimaakprodukte. Hier is ‘n voorsmakie van die nuwe, organiese en natuurlike produk keuses tans op die rakke
NATASHA VAN WYK
KLOKSGEWYS VAN BO
Was jou hare en lyf tegelyk met hierdie heerlike vars, lemoengeurige produk. Human + Kind Shampoo + Bodywash vir droë hare en vel is organies met 99,6% natuurlik-afkomstige bestanddele. R119,95, Stuttafords
Juliette Armand Elements 05 Forte C Serum 12% maak vitamien C die held. Dit bevat 12% suiwer vitamien C poeier wat jy saam met die vloeistof meng voor gebruik. Hierdie serum verhelder vaal vel, verminder ouderdomvlekke en maak vel meer soepel, sag en bevogtig. R495, 011 033 0500
Masseer saans jou bobene met Elancyl Cellu SlimTM Night om van selluliet ontslae te raak. Die masseer-aksie en bestanddele stimuleer selle en verskaf energie sodat hulle metaboliseer inplaas van vet in die vorm van selluliet stoor. R495, Dis-Chem
Houtskool is uiters goed vir reiniging. Freeman Charcoal & Black Sugar Polishing Mask is ‘n detoksgesigmasker wat bakterieë, stof en onsuiwerhede na die vel se oppervlak trek waar houtskool in die masker dit absorbeer. Die suiker werk as afskilferaar om jou gesig skoon en sag te skrop. R80, Dis-Chem
Probeer Clean & Clear Blackhead Clearing Bar Soap om ontslae te raak van swartkoppies sonder om jou vel uit te droog, R11,95
Gebruik hierdie bevogtigende gesigolie van Placècol na gesigwas en toner. Jy hoef slegs 2 – 4 druppels op jou gesig, nek en decolleté te gebruik. Illuminé Reviving Oil, R420, www.placeol.com.
Neutrogena Ageless Intensives® Anti-Wrinkle Deep Wrinkle Daily Moisturizer with Sunscreen bevat retinol, hialuronsuur en Helioplex® (wat beskerm teen UVA -en UVB strale). Dis ‘n liggewig room vir daaglikse gebruik. R164,95, Dis-Chem
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
SOURCES
HEMA PATEL en verskaf