Ons 11 Maart uitgawe is propvol van my nuwe gunsteling mooimaakprodukte. Hier is ‘n voorsmakie van die nuwe, organiese en natuurlike produk keuses tans op die rakke
Natasha Van Wyk
KLOKSGEWYS VAN BO
‘n Weeklikse gesigskrop is nodig om jou vel gesond te hou. BioNike Micro Exfoliating Scrub het ‘n romerige tekstuur en verwyder dooie selle. Geskik vir uiters sensitiewe velle, R129,95, Dis-Chem
Revlon se nuwe Ultra HD Matte LipColorTM lewer ongelooflike kleur met net een laag en ruik na vanielje en mango. Daar is agt lipleklekker skakerings om van te kies, R155
Die Esse Sensitive Skins reeks streel nie net sensitiewe velle nie, dit herstel ook. Die hele reeks is organies en beoog om velirritasie te verminder en terselfdertyd die vel se natuurlike vermoë vir genees en balans te stimuleer. Na ‘n paar maande se gebruik kan jy ander Esse produkte met jou velsorgroetine kombineer. Met ‘n Sensitive Cleanser, Nourish- of Hydro Moisturiser vir droë- of kombinasie velle en die Sensitive Serum met lewendige probiotiese mikrobes, vanaf R360 – R650. www.esseskincare.com
Die gewilde Garnier Micellar gesigskoonmaakformule is nou ook is gesiglappies beskikbaar! Vergeet van water en verwyder grimering met die Extra-Gentle Cleansing Wipes. Die Micellar molekules dien as ‘n magneet om onsuiwerhede te vang en te verwyder. R59,95
As jy sukkel met groot porieë, vaal vel en ‘n growwe tekstuur op jou vel, probeer L’Oréal Skin Perfection Advanced Correcting Serum. Hierdie serum is ‘n ideale intreevlak produk geskik vir alle veltipes, ouderdom 20-30. R124,95
B.O.N Natural Oils Rose Hip Serum is ‘n heerlike gesigolie -en serum wat vol vitamiene, omegas en antioksidante is. Dit is velvoedend vir die hele gesin! R149,95, www.bonnaturaloils.co.za
Maybelline Dream Velvet Soft-Matte Hydrating Foundation is fluweesag en lieflik op jou gelaat. Dit smeer maklik en eweredig aan met ‘n matvoorkoms. R139,95
Verhelder jou wange met essence Happy Girls are Pretty Multi Colour Blush in You Sweeten My Day! Die tweekleurige blosser skep dimensie en die verpakking is net te pragtig, R57,95, Clicks
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
SOURCES
HEMA PATEL en verskaf