Bederf jou mense met lekker spekwafels met soutkaramelsous vir ontbyt
4 porsies
Bestanddele
250 g (1 pakkie) repiespek
435 ml (1¾ k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
30 ml (2 e) suiker
2,5 ml (½ t) sout
4 eiers, geklits
135 ml (9 e) gesmelte botter
435 ml (1¾ k) melk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
KARAMELSTROOP
250 ml (1 k) suiker
125 ml (½ k) room
100 g (1 pakkie) pekanneute, grofgekap
5 ml (1 t) growwe sout
Metode
- Braai spek tot gaar en sag.
- Sif droë bestanddele saam. Hou eenkant.
- Klits eiers, botter, melk en vanielje saam en voeg by droë bestanddele.
- Roer tot middelslagdeeg vorm.
- Skep wafelpan vol mengsel en sit een repie spek bo-op. Maak wafelpan toe en bak tot gaar. Die spek moet bros word.
- Karamelstroop Laat suiker stadig smelt tot karamel vorm. Skakel plaat laer en gooi room by.
- Roer aanhoudend tot suiker oplos. Roer neute en sout by.
- Bedien saam met spekwafels.