Begin nou brei sodat jy dit vir die man in jou lewe kan gee as die koue toeslaan
Deur CHRISTA SWANEPOEL
Wat het jy nodig?
- Kartopu Alpaca Polo (100 g) 6(7; 8) balle in K885 (bruin) (A) 2 balle in K644 (ligblou) (B) 1 bal in K642 (donkerblou) (C)
- 6 mm- en 7 mm-naalde
Spanning
16 ste en 19 rye = 10 cm oor ks met 7 mm-naalde
Wenke
n Gebruik enige breidraad waarmee jy dieselfde spanning kry. n Kies kleure van jou keuse of brei die hele trui in ’n effekleur.
Grootte
96–107(107–112; 112–117; 117–122) cm
Afkortings
oorbl – oorblywende; r – regs; R(V)K – regte (verkeerde) kant; RKV – regte kant voor; vlg – volgende; vmeer – vermeerder vmin – verminder kleurpatroon Vir lyf As werk sowat 34 cm lank is, werk (6 rye in B en 6 rye in A) 2 keer en 6 rye A. Werk 4 rye C en 4 rye B tot die einde.
Vir moue
As werk sowat 42 cm lank is, werk 6 rye B en 6 rye A tot einde.
Aanwysings
Voorpant
Met 6 mm-naalde en A stel 82(90; 98; 106) ste op en werk 15 rye in 2×2-rif.
Vlg ry: werk in rif en vmin 4 ste eweredig oor ry vir 2de, 3de en 4de grootte. 82(86; 94; 102) ste. Met 7 mm-naalde gaan voort in ks tot werk sowat 10 cm lank is, eindig met VK-ry. Vmeer 1 st aan weersk van van vlg ry en elke sowat 9(9; 13; 14) cm tot 90(94; 100; 108) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot werk 44(45; 46; 47) cm lank is, eindig met VK-ry.
Mousgatvorming Heg soos volg af aan die begin van elke ry: 3 ste 1 keer, 2 ste 1(1; 2; 3) keer en 1 st 2(2; 3; 4) keer. 76(80; 80; 82) ste.** Gaan voort sonder om te vorm tot werk 60(62; 64; 66) cm lank is, eindig met VK-ry.
Halsvorming
Vlg ry: r30(32; 32; 32), draai, glip oorbl ste op steekhouer. Heg af aan halsrand soos volg: 2 ste 2 keer en 1 st 2 keer. 24(26: 26; 26) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot werk 66(68; 70; 72) cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af. Heg draad aan oorbl ste op steekhouer, heg 16(16; 16; 18) ste af en r tot einde. Voltooi tweede skouer soos eerste, maar spieëlbeeld daarvan. Agterpant
Werk soos gegee vir voorpant tot **. Gaan voort sonder om te vorm tot werk 64(66; 68; 70) cm lank is, eindig met VK-ry.
Halsvorming
Vlg ry: r25(27; 27; 27), draai, laat oorbl ste op steekhouer. Heg 1 st af aan halsrand in vlg ry. 24(26; 26; 26) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot werk 66(68; 70; 72) cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af. Heg draad aan oorbl ste op steekhouer, heg 26(26; 26; 28) ste af en r tot einde.
Voltooi tweede skouer soos eerste, maar spieëlbeeld daarvan.
Moue
Met 6 mm-naalde stel 42(42; 50; 50) ste op enwerk in 2×2-rif vir 24 rye. Met 7 mm-naalde gaan voort in ks tot werk sowat 12(14; 12 14) cm lank is, eindig met VK-ry. Vmeer 1 st aan weersk van vlg en elke 6de ry tot 66(70; 72; 74) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot werk 48(50; 50; 50) cm lank is, of lengte verlang, eindig met VK-ry.
Moutopvorming
Heg soos volg af aan beg van elke ry: 3 ste 1 keer, 2 ste 2(2; 3; 3) keer en 1 st 2(2; 2; 4) keer, dan 2 ste aan weersk tot werk 55(57; 59; 61) cm lank is, dan 3 ste aan weersk 1 keer. Heg af as werk 56(58; 60; 62) cm lank is.
Nekband
Werk regterskouernaat toe. Met RKV en 6 mm-naalde en A, tel op en r sowat 64 tot 74 ste om halsrand en werk in 2×2-rif vir 6 rye. Heg in rif af.
Om te voltooi
Werk linkerskouer- en nekbandnaat toe. Vou moue lengtegewys in die helfte, plaas vou op skouernaat en werk in posisie. Werk mou- en synaat toe. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …