As kind het ’n Sondag, maar veral ’n Sondagmiddag, my bedruk. Ek kon glad nie verstaan waarom grootmense ná middagete wou gaan slaap en kinders suutjies moes wees nie.
As kind het ’n Sondag, maar veral ’n Sondagmiddag, my bedruk. Ek kon glad nie verstaan waarom grootmense ná middagete wou gaan slaap en kinders suutjies moes wees nie. En as daar teen vyfuur weer lewe in die huis was, het die gedagte aan skool die volgende dag my gewis nie ’n gevoel van opwinding gegee nie. Praat ek met vriende oor hul ervaring van Sondae in hul kinderdae, is dit veral dié wat in die koshuis was, wat onthou hoe ’n swaarmoedigheid oor hul toegesak het in die wete dat hulle die koestering van hul ouerhuis moes agterlaat en op ’n Sondagmiddag terug koshuis toe moes gaan.
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.