Daar is tans dele van Suid-Afrika wat geteister word deur swaar reën en vloede – hier is 17 wenke om veilig te bly
Auto & General bied die volgende wenke:
Algemene reëls om te onthou:
- Goeie en gereëlde onderhoud van jou huis – soos om strukture rondom jou huis na te gaan vir swakplekke, geute skoon te hou, dooie bome en takke weg te snoei en genoegsame dreinering van water te verseker – is noodsaaklik en sal jou risiko heelwat verminder. Dis ook ‘n goeie idee om sleutel strukture te versterk, veral wanneer jy in ‘n area woon wat geneig is tot swaar reën- / vloede.
- Goeie voertuigonderhoud is ook baie belangrik om seker te maak dat jou voertuig in ‘n topklas toestand is en jou nie in die steek laat in reënweer nie.
- Indien jy oplet dat daar onvoldoende dreinering, of ‘n moontlike veiligheidsrisiko as gevolg van krakende strukture en paaie, grondstortings, rotsstortings ens. in ‘n openbare area is, maak die owerhede onmiddellik daarvan bewus.
- Hou altyd jou oog op die weervoorspelling, kyk uit vir waarskuwings teen swaar reënval en vermy gevaarareas – soos paaie waar dreinering swak is – indien moontlik.
- Maak seker dat jy alle noodnommers, insluitend dié van jou versekeraar, op jou foon geberg het of gememoriseer het. Maak seker dat jou hele gesin deeglik bewus is van wat om te doen en wie om te skakel in ‘n noodgeval.
Swaar reën:
- Maak seker dat al jou buitemeubels en bybehore veilig weggebêre of deeglik vasgemaak is en dat alle hekke en deure wat gesluit moet wees, wel is.
- Swaar reën gaan gereëld met weerlig gepaard. Die krag van ‘n enkele weerligstraal kan maklik meeste toestelle en apparate oorlaai. Dis wys om hulle te ontkoppel voordat die storm tref.
- Waar moontlik is dit slim om jou kar onderdak te parkeer en jou reisplanne uit te stel totdat die storm verby is.
- Indien jy in ‘n swaar storm vasgevang is en voel dat dit nie veilig is om te bestuur nie, trek van die pad af en soek skuiling. Dit kan ‘n onderdak parkeerarea, ‘n vulstasie of ‘n brug insluit. Tref egter voorsorg om nie jou eie of ander se veiligheid in gevaar te stel nie en skakel jou noodflikkerligte aan en beweeg stadig ‘n veilige plek. Bly in jou voertuig en verlaat slegs die area wanneer die storm verby is.
- Moenie onder bome parkeer nie, omdat daar ‘n gevaar van vallende takke en afbreeksels is.
Vloede:
- Dit is ‘n slim besluit om in ‘n goeie voorraad sandsakke te belê, veral as jy in ‘n area woon wat geneig is tot oorstromings, soos naby ‘n rivier of teen ‘n heuwel of berg. Die sakke kan teen deure en lae-vlak ventilasieplekke geplaas word tydens ‘n oorstroming om die hoeveelheid water wat jou huis binnekom te verminder.
- Skuif meer waardevolle items na die hoogste moontlike vloer of rak wanneer ‘n vloed dreig.
- Skakel alle elektrisiteits- en gastoevoere af tydens ‘n vloed om die risiko van elektriese skok of ‘n brand te verminder.
- Indien jy waarskuwingstekens sien soos water wat by die deur inkom of besig is om jou huis se mure of fondasies te verspoel, is dit beter om onmiddellik na hoër grond te beweeg. Moenie wag vir ‘n situasie om in ‘n lewensbedreigende krisis te ontaard nie.
- Motoriste moenie poog om in vloedtoestande te bestuur nie. Onthou dat slegs 15cm se water jou van jou voete af kan spoel en dat water van net 60cm diep ‘n voertuig kan meevoer. Jy loop ook die risiko om jou voertuig se luginlaatpyp te oorstroom, wat die enjin sal stol. Oor die algemeen is dit nie veilig om deur water te ry wat dieper as die onderkant van jou voertuig se deur, of die onderste derde van die wiele, te probeer ry nie.
- Flitsvloede gebeur gereëld wanneer riviere onder laagliggende brûe deur vloei. Vermy dit om brûe naby riviere oor te steek wanneer dit swaar reën. Indien jy jou op ‘n oorstroomde pad bevind, is dit wys om na die laagste moontlike rat oor te skakel en stadig vorentoe te beweeg.
- Indien jy ‘n oorstroomde oppervlak teen spoed nader, is dit die slimste om jou voet van die versneller af te haal en stadig spoed te verminder. Moet nooit die remme skielik trap nie, want dit kan veroorsaak dat die motor gly.
- Indien jou voertuig vasval tydens ‘n oorstroming, of begin wegspoel, laat eerder die voertuig agter en klim na hoër grond. Dit is gevaarlik om te probeer om deur die water na veiligheid te probeer ry.
“Dit is wys om te onthou dat jou lewe en dié van jou geliefdes meer werd is as enige huis of motor, so moet dit nie om enige rede in gevaar stel nie”, sluit Coetzee af, “Onthou ook dat, ingeval die noodlot wel tref, dit goed is om seker te maak dat jy genoegsame versekeringsdekking in plek het om die volle herstel- of vervangingskoste van jou huis, motor en ander besittings te dek.”