Hierdie wildstert in witwyn is ‘n lekker resep wat jou help om van die jagseisoen se wild iets lekkers te maak
4 porsies
Bestanddele
2 kg wildsterte
125 ml (½ k) koekmeel
5 ml (1 t) sout
varsgemaalde peper
750 ml (3 k) semisoet witwyn
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
1 ui, in agstes gesny
250 g (1 pakkie) sampioene, gekap
500 g (1 pakkie) klein aartappels
GREMOLATA
45 ml (3 e) pietersielie, fyngekap
10 ml (2 t) vars knoffel, fyngekap
2 suurlemoene se skil
30 ml (2 e) olyfolie
Metode
- Rol sterte in koekmeel en sprinkel met sout en peper.
- Braai in sarsies tot bruin.
- Gooi al die vleis in groot pot met wyn, aftreksel en ui en kook 4–6 uur of 2 uur in drukkoker.
- Gooi sampioene en aartappels laaste 20 minute by en kook tot sag.
- Gremolata Meng alles en gooi oor sterte met opdiening.