Bros en propvol botter. Ek bak elke jaar brosbrood. Net reg vir ’n happie enige plek
50 koekies
Bestanddele
520 ml (500 g) botter
315 ml (300 g) strooisuiker
1 000 ml (560 g) koekmeel
500 ml (290 g) mielieblom (maizena)
50 ml strooisuiker vir bo-oor
Metode
Voorverhit oond tot 160 °C.
- Klop botter en strooisuiker saam tot lig en romerig.
- Sif koekmeel en mielieblom saam.
- Voeg meelmengsel lepel vir lepel by bottermengsel terwyl menger stadig loop.
- Meng tot growwe krummels en sit menger af.
- Gooi beslag in 26 cm x 35 cm-oondpan en druk stewig vas.
- Prik hele oppervlak van deeg met vurk.
- Bak vir 1 uur tot goudbruin en gaar.
- Haal uit oond en strooi strooisuiker bo-oor.
- Sny in netjiese reghoeke terwyl nog warm.
- Laat in oondpan afkoel en pak in koekblik.