Brei sommer vir al die manne in jou lewe hierdie maklike, maar mooi serp en mus
Moeilikheidsgraad: *
Wat het jy nodig?
2 balle KARTOPU AK Soft Nr 357 (100 g) vir serp en mus
3,25 mm- en 4 mm-naalde
Grootte
Serp sowat 150 cm x 16 cm
Patroonsteek
1ste en 2de ry: r1(2) (randsteke), (r2, aw2) tot laaste 4 ste, r2, r1(2) (randsteke).
3de en 4de ry: r1(2) (randsteke), aw2, *regs eers 2de steek op linkerkantste naald, dan 1ste steek, aw2, herh van * tot laaste 2 ste, r1(2) (randsteke). Herh 4 rye.
Afkortings
r – regs r2tes – regs 2 steke tesame rs – reksteek weersk – weerskante
Aanwysings
Mus
Met 3,25 mm-naalde stel 128 ste op en werk in 2×2-rif vir 20 rye. Met 4 mm-naalde gaan voort in patsteek, MET 1 RANDSTEEK WEERSK, tot werk 20 cm lank is, eindig met VK-ry.
Vorm bokant 1ste ry: (r6, r2tes) tot einde. 112 ste,
2de en elke alt ry: aw.
3de ry: (r5, r2tes) tot einde. 96 ste.
5de ry: (r4, r2tes) tot einde. 80 ste.
7de ry: (r3, r2tes) tot einde. 64 ste.
9de ry: (r2, r2tes) tot einde. 48 ste.
11de ry: (r2tes) tot einde. 24 ste.
13de ry: (r2tes) tot einde. 12 ste. Knip draad lank af, ryg deur oorbl ste, trek styf en werk vas.
Om te voltooi
Werk naat agter toe.
Serp
Met 4 mm-naalde stel 50 ste op en werk 2 rye rs. Gaan voort met patsteek, MET 2 RANDSTEKE WEERSK, tot werk sowat 150 cm lank is, eindig met 2 rye rs. Heg af.
Om te voltooi
Knip fraiings en heg aan albei kante.
Wenk
- As jy serp langer wil hê, sal jy ’n derde bal moet kry.
- Brei eers die mus en dan die serp tot die breidraad op is, met ’n bietjie ekstra vir fraiings.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …