Gebruik hierdie resep en maak lekker moussaka vanaand!
4 porsies
Bestanddele
2 eiervrugte
sout
bietjie olie
1 ui
500 g maalvleis
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn koljander
knypie rooipeper
420 g (1 blik) gekapte tamaties
10 ml (2 t) tamatiepasta
1 lourierblaar
SOUS
500 ml (2 k) warm melk
30 ml (2 e) botter
30 ml (2 e) koekmeel
knypie neutmuskaat
sout en peper
250 ml (1 k) mozzarellakaas
Metode
- Sny eiervrug in ringetjies van 0,5 cm. Pak op skinkbord uit en sprinkel met sout. Laat staan vir 20 minute, draai om en doen dieselfde aan ander kant.
- Verhit olie en braai ui tot sag, skep uit en hou eenkant.
- Braai maalvleis tot bruin, voeg geurmiddels en uie by en braai effens.
- Gooi tamaties, tamatiepasta en lourierblaar by maalvleis, laat saggies kook tot dik.
- Sous Verhit melk en hou eenkant. Smelt botter en roer meel by. Roer warm melk bietjie vir bietjie by. Bring tot kookpunt en roer geurmiddels by.
- Spoel eiervrugringetjies in koue water af en druk droog. Braai ringetjies in bietjie olie en hou eenkant.
- Verhit oond tot 180 ˚C. Skep een derde van maalvleis in 20 cm-oondbak. Pak eiervrugringetjies bo-op, weer ’n laag maalvleis en eiervrug. Herhaal tot maalvleis en eiervrug op is.
- Gooi witsous oor laaste laag met kaas en bak vir 30–40 minute of tot dit borrel en kaas goudbruin is.