Maak hierdie maklike eenbak-pestohoender-resep vir aandete en spandeer meer tyd saam met jou gesin as in die kombuis!
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
8 hoenderfilette, in repies gesny
sout en peper
1 ui, in agstes gesny
1 00g (½ pakkie) murgpampoentjies, in lang kwarte gesny
80 ml (1/3 k) songedroogde tamaties, in repies gesny
125 ml (½ k) basiliepesto
60 ml (¼ k) parmesaanskaafsels
handvol vars basiliekruid
Metode
- Verhit olie en braai hoender en uie tot goudbruin en gaar.
- Roer murgpampoentjies by en braai tot amper sag.
- Roer tamaties en pesto by en braai verder.
- Bedien met parmesaanskaafsels, pastarys en vars basiliekruid.