Die blomloper van dik katoendraad is ’n vinnige manier om ’n bed of bank op te vrolik!
Deur KAREN ADENDORFF
Moeilikheidsgraad: **
Benodigdhede
MoYa 100% Organic Cotton Bulky Plush (80 g-balle): 2 balle elk Rebecca, Gina, Dominique, Abby, Amelia, Celine, Tasha en 4 bolle Penelope
8 mm-hekelpen
Stomppuntnaald met groot oog
Grootte
Lengte = 155 cm sonder die fraiings. Breedte = 60 cm. .
Wenk
Sny ’n stuk papier of ou laken die grootte van die kombers (155 cm x 60 cm). Steek elke blom wat klaar gehekel is, onderstebo op die papier of laken vas. Dit sal vaswerk later vergemaklik. Los ’n lang genoeg draad aan die einde van elke blom vir vaswerk.
Afkortings en steekverduidelikings
dies – dieselfde; dr – draai; dsl – dubbelslagsteek; gs – glipsteek; h/af – heg af; herh – herhaal; hlb – halwe langbeen; kb – kortbeen; ks – kettingsteek; lb – langbeen; ls – lus; rdte – rondte; RK – regte kant; sp – spasie; st – steek; vlg – volgende
Dubbelslagsteek
- Slaan die draad twee maal oor die pen.
- Steek die pen in die volgende steek.
- Slaan die draad oor die pen en trek die pen deur die eerste lus sodat daar vier lusse op die pen is.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur twee lusse.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die volgende twee lusse.
- Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die laaste twee lusse op die pen.
Aanwysings
Gebruik die diagram en hekel hoeveelhede soos volg: Groot sterblom (hekel 4). Klein sterblom (hekel 4). Dubbelblom (hekel 6). Dubbelblom met geskulpte rand (hekel 2). Effekleurblom (hekel 8). Sirkelblom met lusse (hekel 3). Blaar (hekel 9). Klein blommetjie (hekel 4). Groot ring (hekel 10). Kleiner ring (hekel 5). Gebruik kleure na willekeur en Penelope vir rand rondom.
Groot sterblom (hekel 4)
1ste kleur: Begin met 5 ks, gs in 1e ks om ring te vorm.
1ste rdte: 1 ks, 10 kb in ring, gs in 1ste kb.
2de rdte: 1 ks, 2 kb in elke kb, gs in 1ste kb.
3de rdte: 1 ks, (1 kb in vlg 3 kb, 2 kb in vlg kb) 5 keer, gs in 1ste kb. H/af. 2de kleur om die blare te hekel:
4de ry: 1 kb in vlg 5 kb, dr.
5de ry: 1 ks, 1 kb in vlg 4 kb, dr.
6de ry: 1 ks, 2 kb in vlg kb, 1 kb in vlg kb, 2 kb in vlg kb, 1 kb in laaste st (= 7 kb), dr.
7de ry: 1 ks, 1 kb in vlg 6 kb, dr.
8ste ry: 1 ks, 2 kb in vlg kb, 1 kb in vlg 3 kb, 2 kb in vlg kb, 1 kb in laaste st (= 9 kb), dr.
9de ry: 1 ks, 1 kb in vlg 7 kb, dr.
10de ry: 1 ks, 1 kb in vlg 6 kb, dr.
11de ry: 1 ks, 1 kb in vlg 5 kb, dr.
12de ry: 1 ks, 1 kb in vlg 4 kb, dr.
13de ry: 1 ks, 1 kb in vlg 3 kb, dr.
14de ry: 1 ks, 1 kb in vlg 2 kb, dr.
15de ry: 1 ks, 1 kb in vlg 1 kb. H/af. Die eerste blaar is nou gehekel. Gaan net langs die blaar aan met die vlg blaar. Herh rye 4 tot 15 nog vier keer (om elke blaar te vorm). Moenie die draad afheg aan die einde van die 5de blaar nie. Hekel aan die RK 12 kb aan die kant van elke blaar af, en weer 12 kb aan die anderkant op, en 3 kb in die kb op die punt. Herhaal met elke blaar. H/af.
Klein sterblom (HEKEL 4)
Begin met 6 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 1 ks, 12 kb in ring, gs in 1ste kb.
2de rdte: 7 ks, slaan 1 kb oor, (1 lb in vlg kb, 4 ks, slaan 1 kb oor) 5 keer, gs in 3de van 7 ks.
3de rdte: (6 ks, 1 hlb in 4de ks vanaf pen, 1 lb in vlg ks, 1 dsl in vlg ks, slaan 4 ks van vorige rdte oor, 1 kb in vlg lb) 6 keer, eindig met gs in vlg kb. H/af.
Dubbelblom (hekel 6)
Met 1ste kleur: Begin met 8 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 1 ks, 16 kb in ring, gs in 1e kb.
2de rdte: 6 ks (= 1 lb + 3 ks), slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb, (3 ks, slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb) 6 keer, 3 ks, gs in 3de van 6 ks.
3de rdte: hekel in elke 3 ks-sp: (1 kb, 1 hlb, 3 lb, 1 hlb, 1 kb), eindig met gs in 1ste kb. (= 8 blomblaartjies). H/af.
4de rdte: Met 2de kleur: (Die rdte word aan die agterkant van die vorige rdte gehekel.) 1 kb in agterkant van 1ste kb van vorige rdte, (5 ks, 1 kb in agterkant tussen die vlg 2 blaartjies) 8 keer, gs in 1ste kb.
5de rdte: hekel in elke 5 ks-sp: (1 kb, 1 hlb, 5 lb, 1 hlb, 1 kb), eindig met gs in 1ste kb. H/af. Dubbelblom met geskulpte rand (hekel 2) Hekel rdte 1 tot rdte 5 van dubbelblom. H/af.
6de rdte: las met vlg kleur met 1 kb tussen enige twee blaartjies, (7 ks, 1 kb tussen die vlg 2 blaartjies) 8 keer, eindig met gs in 1ste kb.
7de rdte: hekel in elke 7 ks-sp: (1 kb, 1 hlb, 7 lb, 1 hlb, 1 kb), eindig met gs in 1ste kb. H/af.
Effekleurblom (hekel 8)
Begin met 6 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: (6 ks, 1 kb in ring) 5 keer, 3 ks, 1 lb in ring.
2de rdte: (4 ks, 1 kb in 6 ks-sp) 5 keer, 4 ks, gs in lb.
3de rdte: 1 kb in dies st, [(1 ks, 3 lb, 1 ks, 3 lb, 1 ks) in 4 ks-sp, 1 kb in vlg kb] 6 keer, eindig met gs in 1ste kb. H/af.
Sirkelblom met lusse (hekel 3)
Met 1ste kleur: Hekel 6 ks, gs in 1e ks om ring te vorm.
1ste rdte: 1 ks, 12 kb in ring, gs in 1ste kb.
2de rdte: 1 ks, (1 kb in vlg kb, 2 kb in vlg kb) 6 keer, gs in 1ste kb (= 18 kb).
3de rdte: 1 ks, (1 kb in vlg 2 kb, 2 kb in vlg kb) 6 keer, gs in 1ste kb (= 24 kb).
4de rdte: Dies as 3de rdte (= 32 kb). H/af.
5de rdte: Met 2de kleur: (1 kb in vlg kb, 8 ks, slaan 3 kb oor, 1 kb in vlg kb) 8 keer, gs in 1e kb.
6de rdte: hekel 8 kb in elke 8 ks-sp, eindig met gs in 1ste kb.
H/af. Blaar (hekel 9)
Begin met 12 ks. (Hekel aan weerskante van die ks-ry.)
1ste ry: 1 kb in 2de ks vanaf pen, 1 hlb in vlg ks, 1 lb in vlg 6 ks, 1 hlb in vlg ks, 1 kb in vlg ks, 3 kb in laaste ks, (gaan aan die anderkant van die ks-ry aan), 1 kb in vlg ks, 1 hlb in vlg ks, 1 lb in vlg 6 ks, 1 hlb in vlg ks, 1 kb in vlg ks, gs in laaste st. H/af.
Klein blommetjie (hekel 4)
Begin met 6 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: (3 ks, 2 lb, 3 ks, gs in ring) 4 keer. H/af.
Groot ring (hekel 10)
Begin met 8 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 16 lb in ring, gs bo in beg-3 ks.
H/af.
Kleiner ring (hekel 5)
Begin met 8 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 1 ks, 16 kb in ring, gs in 1ste kb. H/af.
Rand rondom
Lê die loper plat neer en begin by enige plek.
1ste rdte: Hekel kortbene aan die blomme of blare of sirkels wat aan die kant is en kettingsteke waar oop spasies is. Let op dat die aantal ks nie te min of te veel is nie anders gaan die werk of styf trek of kartels maak. Hekel 3 kb in elke hoek.
2de rdte: Begin met 3 ks en hekel 1 lb in elke kb en hekel die aantal lb in die ks-sps dies getal as die aantal ks. Hekel ook 3 lb in elke hoek-kb, eindig met gs bo in beg-3 ks.
3de rdte: 1 ks, 1 kb in elke lb en 3 kb in hoek-lb, eindig met gs in beg-kb. H/af.
Tossels
Hekel die tossels verskillende lengtes.
1ste tossel: Met RK na voor, begin by die hoek-kb en hekel 18 ks, gs in 6de ks vanaf pen, 1 ks, 8 kb in ring, gs in beg-kb. H/af.
2de tossel: Slaan 2 kb oor en hekel die vlg tossel op dies manier maar hekel bv. net 15 ks, gs in 6de ks vanaf pen, 1 ks, 8 kb in ring, gs in beg-kb.H/af. Wissel die aantal ks met elke tossel van 14 ks tot 18 ks. Werk al die los drade weg.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.