Karen Adendorff
Benodigdhede
Vinnis Colours Nikkim-bamboesdraad
DK (50 g-balle)
5 balle Aubergine Mix (kleurno 18)
2 balle Aubergine (kleurno 582)
2 balle Purple Pink (kleurno 525)
3,5 mm-hekelpen
Mate
Grootte: Ekstraklein/Klein (Medium/Groot,
Ekstragroot/Ekstra-ekstragroot)
Spanning
22 lb oor 10 rye = 10 x 10 cm
1 blok = ongeveer 8 x 8 cm
Afkortings
beg – begin; dies – dieselfde; dr – draai; gs – glipsteek; h/af – heg af; her – herhaal; kb – kortbeen; ks – kettingsteek; lb – langbeen; sp – spasie; tr – trossie; vmeer – vermeerder; vlg – volgende
Aanwysings
Blomb lokke vir agterpant Begin met Purple Pink en hekel 6 ks, gs in 1e ks om ring te vorm.
Rdte 1: 3 ks, 1 lb in ring, 2 ks, (2 lb-tr in ring, 2 ks) 7 keer, gs bo in 3 ks.
Rdte 2: (5 ks, 1 kb bo in tr) 8 keer.
Rdte 3: gs in ks-sp, (3 ks, 7 lb) in 5 ks-sp, 1 kb in vlg kb, (8 lb in vlg 5 ks-sp, 1 kb in vlg kb) 7 keer, eindig met gs in 1e kb (= 8 blomblare). H/af. Met Aubergine (druk die blomblaartjies effens vorentoe en hekel aan die agterkant van die blare):
Rdte 4: 1 kb in enige 2 ks-sp van rdte 1, {2 ks, (3 lb, 2 ks, 3 lb) in vlg 2 ks-sp, 2 ks, 1 kb in vlg 2 ks-sp} 4 keer, eindig met gs in 1e kb.
Rdte 5: gs in vlg 2 ks-sp, (5 ks, 1 kb in vlg 2 ks-sp) 12 keer, eindig met gs in 1e gs. (= 12 spasies).
Rdte 6: gs in vlg 5 ks-sp, 3 ks, 1 lb in dies sp, (3 ks, 2 lb-tr in dies sp) 2 keer, 3 ks, {(1 kb in vlg sp, 3 ks) 2 keer, (2 lb-tr, 3 ks) 3 keer} 3 keer, (1 kb in vlg sp, 3 ks) 2 keer, gs bo in 1e tr. H/af. Rangskik die blokke 3 (4; 4) in die breedte en 3 (3; 4) in die hoogte. Hekel die blokke in die 6e rdte aanmekaar deur al 5 van die 3 ks-sp as volg: Hekel 2 sye van rdte 6 tot na die 2e lb-tr, ipv 3 ks hekel jy 1 ks, 1 kb in 1e syspasie van 1e blok, 1 ks, 1 kb in vlg sp van 2e blok, 1 ks, 1 kb in vlg sp van 1e blok, 1 ks, 1 kb in vlg sp van 2e blok, voltooi die vashekel van die 5 sp op dies manier. Hekel al die blokke op dieselfde manier aanmekaar. By die 2e ry blokke sal jy 2 sye aanmekaar moet hekel. Met Aubergine, werk 1 rdte rondom die agterpant as volg (begin by die boonste regterhoek): 1 kb in hoek, 3 ks (= 1 lb), 75 (83; 91) lb langs die borand, 56 (56; 74) lb langs die syrand, 72 (78; 86) lb langs die onderrand en 56 (56; 74) lb langs die ander syrand. Eindig met 1 gs bo in beg-3 ks. H/af.
Systroke
Begin in die middel van die 4 blokke (= middelagter by die nek). Met Aubergine Mix, hekel 1 lb in elk van vlg 38 (42; 46) lb aan die bokant van agterpant en 45 (49; 53) ks vir die armholte. Draai werk om. Hekel 1 lb in 4e ks vanaf pen, 1 lb in elke ks en 1 lb in elke lb aan die bokant van die agterpant tot middel van nek agter = 81 (89; 97) lb. Gaan voort soos vlg: Ry 1: 3 ks (= 1 lb), *1 ks, slaan 1 lb oor, 1 lb in vlg lb*, her van * tot *. Ry 2: 1 lb in elke lb en 1 lb in elke ks. Her ry 1 en 2 tot werk 4 cm is, vmeer 16 lb eweredig in ry wat slegs lb het. Herh vmeer sodra werk 8 (12; 16) cm lank is = 145 (153; 161) lb. Vir grootte Ekstragroot en Ekstra-ekstragroot: Herh vmeer tot werk 20 cm lank is = 177 lb. Gaan voort totdat werk 18 (20; 22) cm lank is. Eindig met 1 ry lb. H/af. Doen dies met ander sy.
Rugstrook
Met Aubergine Mix, beg met 1 kb in hoek van onderkant. Hekel 3 ks (= 1 lb), 1 lb in elke 71 (77; 85) lb = 72 (78; 86) lb. Gaan voort met rye 1 en 2 soos verduidelik in systroke tot 13 (17; 13) cm vanaf blokke. Eindig met 1 ry lb. H/af. Werk nate toe.
Randpatroon
Begin by middelagternaat. Rdte 1: 1 ks, 1 kb in elke lb rondom. Rdte 2: 4 ks, 1 kb in vlg kb, * slaan 2 kb oor, 6 lb in vlg kb, slaan 2 kb oor, 1 kb in vlg kb, 3 ks, 1 kb in vlg kb,* her van * tot * tot einde, gs in 2e van beg-4 ks. H/af. Hekel ook die randjie om die mou-openinge. Werk al die los drade weg.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.