Spieëlneurone is ‘n nuwe begrip wat al hoe meer aandag trek. Navorsing toon dat dit die toon by sosiale interaksie aangee en ook vir empatie verantwoordelik is.
Beskik jy oor empatie? Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind:
- Kan jy jouself in iemand anders se skoene plaas?
- Het jy medelye met ander se leed?
- Glo jy dat mense mekaar moet ondersteun?
- Glo jy dat dit verrykend is om ander mense te help?
- Verstaan jy mense se pyn?
- Kan jy jou inleef in ander se hartseer?
- Kry jy trane in jou oë as jy na ‘n hartseer fliek kyk?
- Hou jy van tranetrekker flieks?
- Het jy geduld met ander mense se seer en swaar?
- Is jy ‘n goeie luisteraar?
- Reik jy graag na mense in nood uit?
- Glo jy dat dit ‘n mens se doel is om iets vir iemand anders te beteken?
- Is jy sensitief vir ander se gevoelens?
- Beskik jy oor takt?
- Is jy oop vir ander mense se sieninge of sien jy net jou eie perspektief in?
As jou antwoorde op bogenoemde vrae meestal “ja” is, beskik jy waarskynlik oor empatie. Indien nie, is dit tyd om stil te word en bestekopname te doen. Die lewe is nie net ‘n malle gejaag waar alles oor geld en sukses gaan nie. Dis belangrik om ook iets vir ander te beteken. Jy het meer as een lewensdoel. Deel daarvan is om lief te hê en meelewendheid te toon. Onthou, jy het een lewe. Maak die beste daarvan!