Hierdie jaar kan jy 4 dae verlof neem dan kry jy 23 dae af – naweke en vakansiedae ingesluit! Ons wys jou hoe
Maart: Neem 1 dag verlof, kry 4 dae af
Neem 22 Maart verlof en kry 21 – 24 Maart af
April: Geen verlof, 4 dae af!
Paasnaweek is van 19 – 22 April, so jy kry 4 dae af sonder enige verlof!
Mei: Neem 2 dae verlof, kry 5 dae af
Neem 29 en 30 April verlof en kry 27 April – 1 Mei af
Of neem 2 en 3 Mei verlof en kry 1 – 5 Mei af
Junie: Langnaweek!
Jeugdag is 16 Junie wat beteken dat die vakansiedag vir Jeugdag op die Maandag val. Jy het dus 15 – 17 Junie af!
Augustus: Nóg ‘n langnaweek!
Vrouedag is die 9de, dus het jy 9 – 11 Augustus af!
September: Neem 1 dag verlof en kry 4 dae af
Neem 23 September verlof en jy het 21 – 24 September af!
Laai ons opgedateerde 2019-kalender af met al dié inligting
Klik hier of op die kalender hier onder en laai dit af