JOHAN MYBURG
In Vrouekeur van 12 Februarie skryf Johan Myburg oor die werk van die Roemeense kunstenaar Constantin Brâncusi
Die inligting hier onder is aanvullend tot die rubriek in Vrouekeur.
Sy eerste opdragwerk, Die gebed, het hy in 1905 gemaak as ‘n beeld vir die graf van ‘n jong Roemeense prokureur. Kort daarna het hy verskeie weergawes gemaak van die Slapende muse en Die soen.
Constantin Brâncusi, Slapende muse, 1923, marmer. Dié beeld is in die Metropolitan-kunsmuseum in New York.
Constantin Brâncu?i
Buite Roemenië het sy werk aandag gekry in Parys en is sy beelde ingesluit in die Salon des Indépendants in 1913 en dieselfde jaar ook in die Armory Show in New York, die eerste uitstalling van Europese moderne kuns in die VSA.
Constantin Brâncusi, Die gebed, 1905, brons. Dié werk is in die Roemeense nasionale kunsmuseum.
Constantin Brâncusi, Die soen, 1912, marmer. Dié werk is in die Philadelphia-kunsmusem in die VSA.
Constantin Brâncusi se werk (heel links) as deel van die Armory Show in New York in 1913. Die onderskrif van die oorspronklike foto lees: “Aan die linkerkant van die foto is die veelbesproke portret van me. Pogany, ‘n danser, deur Brâncusi. Dié eienaardige beeld lyk kompleet na ? eier en het heelwat gespot en gelag gelok.”
Constantin Brâncu?i. Prinses X, 1915/6, brons. Dié werk is in die Philadelphia-kunsmuseum.
Constantin Brâncusi. Voël in ruimte, 1923, marmer. Dié werk is in die Metropolitan-kunsmuseum in New York.
Kyk na dié video wat geskiet is in die Atelier Brancusi nefffens die Centre Pompidou in Parys.