Besoek jou algemene vishandelaar waar jy die varsste seekos kan koop en bederf dan jou mense met hierdie lekker garnale in spek gedraai!
6–8 porsies
Bestanddele
800 g groot garnale
80 ml (1/3 k) peri-peri-sous
400 g (2 pakkies) repiespek
Maak ook hierdie vinnige vispaella
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Maak garnale skoon deur sand-aar, dop en kop te verwyder. Hou net stertjie aan.
- Marineer garnale vir minstens 20 minute in sous.
- Draai repiespek om garnaal. Sit op gesmeerde bakplaat.
- Bak vir 15–20 minute of tot gaar.
Wenk
As jy nie van peri-peri hou nie, gebruik gerus jou gunstelingvismarinade