Kerstyd is heerlike gesinstyd. As jy idees soek om dit vanjaar ekstra spesiaal te maak, lees hier
- Maak saam met die gesin Kersversierings en hang dit op.
- Laat ‘n gesinsfoto neem en gebruik dit vir jul digitale Kerskaartjie. Daar is baie toeps met ontwerpe beskikbaar.
- Bak koekies of ‘n Kerskoek saam met die kinders.
- Kry die kinders betrokke en skenk iets aan liefdadigheid.
- Maak Kerskaartjies of druk vir jou uit en skryf boodskappe. Laai hier af
- Help die kleintjies om vir Kersvader ‘n brief te skryf en pos dit seremonieel by die poskantoor.
- Hou ‘n Kersfliekaand. Kry hier idees vir flieks
- Vra op jou gemeenskap se Facebook-groep vir idees waar julle orals liggies kan gaan kyk en ry rond en gaan kyk.
- Sit Oukersaand koekies vir Kersvader en water vir die takbokke uit.
- Kry Kerskouse, hang dit op en vul dit met klein goetertjies.
- Nog ‘n oulike Kerstradisie vir kinders is om vir hulle hierdie geskenkies te koop: Iets om te lees, iets om te dra, iets wat hulle soek en iets wat hulle nodig het.
Lees die volledige artikel hier