Het jy al koue avokado-en-garnaal-sop gemaak? Dis vreeslik lekker!
6–8 porsies
Bestanddele
SOP
3 avokado’s, geskil en ontpit
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
250 ml (1 k) melk
10 ml (2 t) suurlemoensap skil van 1 suurlemoen
5 ml (1 t) fyn komyn
2,5 ml (½ t) knoffelsout
GARNALE
1 6 garnale, skoongemaak en geskil
5 ml (1 t) paprika
10 ml (2 t) suurlemoensap
10 ml (2 t) vars pietersielie, gekap
30 ml (2 e) botter
knypie rooipeper
sout en peper
OPDIENING
8 songedroogde tamaties, in olie
1 6 kalamata-olywe, ontpit en in helfte gesny
handvol vars koljander, grofgekap
Maak ook avokado-plaatkoekies
Metode
- Plaas avokado’s, aftreksel, melk, suurlemoensap en -skil en geurmiddels in voedselverwerker en verpulp tot glad. Hou in yskas tot opdiening.
- Marineer garnale in paprika, suurlemoensap en pietersielie vir 30 minute. Smelt botter en braai garnale tot pienk en gaar. Geur met rooipeper, sout en peper.
- Sny tamaties in lang dun repe. Skep sop in koue sopbakke. Rangskik tamaties, olywe en koljander bo-op sop. Plaas twee garnale op sop en bedien saam met broodstokkies.