Bederf jou gaste met iets anders en maak ‘n lekker sampioensmeer
400 ml
Bestanddele
30 ml (2 e) botter
1 ui, fyngekap
250 g knopiesampioene, gesny
125 g portobellini-sampioene, gesny
5 ml (1 t) fyn knoffel
knypie komyn
takkie roosmaryn
takkie tiemie
250 g (1 houer) gladde maaskaas
sout en peper
Klik hier vir 6 maklike humus-resepte
Metode
- Smelt botter en braai ui, sampioene, knoffel en geurmiddels tot sag. Laat afkoel en haal roosmaryn en tiemie uit.
- Verpulp sampioene tot glad.
- Meng sampioene en maaskaas. Geur met sout en peper.
- Plaas in skoon glasbottels en bêre in yskas. Bedien saam met soutkoekies, verskillende kase en ham. Gebruik binne vyf dae.