Maak lekker ribtjops met beet-en-ment-pesto hierdie naweek!
4 porsies
Bestanddele
8 skaaptjops, bene skoongemaak
growwe sout
vars gemaalde peper
PESTO
300 g gaar beet
30 ml (2 e) vars ment
50 g (1 pakkie) vars basiliekruid
3 0 ml (2 e) kasjoeneute, liggies gerooster
5 ml (1 t) suurlemoensap
15 ml (2 e) olie
1 klein huisie knoffel
knypie fyn komyn
knypie fyn koljander
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Sprinkel tjops goed met sout en peper.
- Bak vir 10–15 minute vir medium gaar vleis.
- Pesto Verpulp alle bestanddele vir pesto en bedien saam met skaapribbetjie.