Vrees verlam ons en maak ons siek, maar jy kan dit beheer, sê kenners in ons 15 Januarie-uitgawe. Hier kan ons na ‘n paar interessante vreesfeite
BENESCKE JANSE VAN RENSBURG
VYF INTERESSANTE VREESFEITE:
1. Supermens Waar ’n mens normaalweg slegs 65% van die beskikbare energie in jou spiere gebruik, ontsluit vrees die res van die energie wat ’n mens in staat stel om buitengewone dinge reg te kry, soos om dalk iets baie swaars op te lig of buitengewoon ver te spring.
2. Neurose Een teorie van die studie by Tel Aviv-universiteit in Israel het bevind dat mense met ’n bogemiddelde vermoë om dreigende gevaar waar te neem, oorkompenseer deur deurlopend angstig te leef.
3. Geen vrees ’n Vrou in haar veertigerjare het weens ’n degeneratiewe siekte haar amigdala (die gedeelte in ons brein wat ons help om te vrees) verloor. Met geen vermoë om die gevaar te voorsien nie, sal sy slange, kapers en ander situasies vreesloos tegemoetgaan.
4. Stank Die legendariese reuk van vrees bestaan regtig. In 2008 het die Stony Brook-universiteit in ’n navorsingstudie bevind dat mense wat vrees ’n reuk afgee in hul sweet wat vrees in ander rondom hulle kan aanhits.
5. Siekte Vrees veroorsaak dat die immuunstelsel nie doeltreffend funksioneer nie. Die resultaat hiervan is dat so iemand makliker siek word.
Bronne: www.howitworksdaily.com;www.uncomminhelp.me