Maak maklike vispaella vandag!
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
1 rooi soetrissie, gekap
7,5 ml (1½ t) borrie
500 ml (2 k) rys
750 ml (3 k) hoenderaftreksel
420 g (1 blik) gekapte tamaties
sout en peper
2 hoenderborsies, gaar en in blokkies gesny
8 garnale, skoongemaak
4 stokvisfilette, in blokke gesny
12 swart olywe, ontpit
250 ml (1 k) bevrore ertjies
Metode
- Verhit olie in groot pan en braai uie en knoffel tot sag. Voeg soetrissie en borrie by en braai verder.
- Voeg rys by en braai dit effens. Gooi aftreksel en tamaties by en kook tot halfgaar. Geur met sout en peper.
- Roer hoender, garnale, vis, olywe en ertjies by. Laat verder kook tot rys en vis gaar is.