Om mekaar hartlik te groet, klink dalk vanselfsprekend, maar dis die klein dingetjies wat ‘n verhouding kan maak of breek …
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Dink jy ‘n lys met verhoudingsdinge is lekker soppy? Wel, lekker soppy kan dalk net jou verhouding daai nodige hupstoot gee. Hier is ‘n lys met 29 dinge om jou en jou geliefde se verhouding op te kikker.
- Groet mekaar hartlik.
- Wees gaaf met mekaar.
- Sê dankie en asseblief – moenie net aanneem dat jou geliefde als moet doen nie.
- Praat die waarheid – moenie goed wegsteek wat groot kwessies kan raak nie.
- Moenie altyd die negatiewe raaksien nie, wys die positiewe vir jou maat uit.
- Vergeet van klein jakkalsies, moenie ‘n berg van ‘n molshoop maak nie. Is dit regtig nodig om oor simpel goed te stry?
- Luister as jou maat gesels. Moenie afskakel nie.
- Sit die fone in die aand weg en gesels regtig met mekaar.
- As jy verkeerd was, sê opreg jammer.
- Gee sagte antwoorde.
- Glimlag vir jou maat.
- Bring tyd saam deur, maar geniet ook alleentyd – dis nodig.
- Bou jou maat op en moenie afbreek nie.
- Soen mekaar op die mond.
- Hou mekaar in die aand vas.
- Doen iets spesiaals vir jou maat.
- Lag vir sy of haar lawwe grappies.
- Besluit dat julle vir mekaar lief gaan wees en liefde gaan gee.
- Praat eerlik oor die dinge wat jou pla.
- Doen nou en dan ietsie spesiaals vir jou maat.
- Kikker dinge op die liefdesfront op. Vind uit wat jou maat se liefdestaal is.
- Vind iets waaroor julle saam kan lag.
- Wees nou en dan saam aktief. Gaan stap saam of ry fiets.
- Alleentyd is belangrik, maar kry ook iets wat julle albei geniet en saam kan doen.
- Doen nou en dan een van jou maat se takies.
- Hou hande vas.
- Laat jou geliefde deur die dag weet dat jy aan hom of haar dink.
- Onthou lekker tye en diep daai herinneringe op.
- Ons almal het stres. Bemoedig jou geliefde as sy of hy die dag af is.
Lees verder hier:
https://club31women.com/20-little-things-make-big-difference-marriage/
http://www1.cbn.com/marriage/eight-little-things-that-make-a-big-difference-in-your-marriage
https://www.semidelicatebalance.com/small-things-marriage-make-difference/