Lees ek so deur my wonderlike kollegas (lees vriende) se vergunnings vir hulself in 2016, merk ek op dat niemand geld of materiële dinge op hul lysies het nie
Hulle koppe is reg – dit gaan oor tyd met geliefdes, selfaanvaarding, selfverwesentliking, gesondheid, lig reis en tyd om goed vir jouself te wees. Al dié dinge is op my lysie, maar ek dink ‘n mens moet, soos Dame Helen Mirren onlangs op 70 in haar kenmerkende kleurryke taal gesê het, meer dikwels “nee” sê vir mense wat jou angstig, kwaad, hartseer en moedeloos maak of uitmergel, uitbuit en as vanselfsprekend aanvaar. Dié jaar is dit bo-aan my lysie.
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.