Ons almal het maar nou en dan drama, maar jy kan ‘n plan maak om van negatiewe en giftige energie in jou lewe ontslae te raak. Hier’s ‘n paar wenke wat kan help. Sterkte!
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
- Maak dit ‘n prioriteit om van negatiwiteit ontslae te raak. Skryf dit neer en leef positief.
- Dink na oor wat uit jou mond uitkom. Is dit negatiewe dinge soos: “Ek is maar gemaak om te sukkel!” of “Ek kan maar eerder net doodgaan en klaarkry?”
- Probeer bewustelik om op te hou kla en probeer om aktief iets aan jou probleme te doen.
- Dink mooi oor die mense saam met wie jy tyd deurbring. Laat hulle jou goed of sleg oor jouself voel?
- Stel gesonde grense en hou daarby.
- Kry vir jou ‘n aksieplan as dinge buite beheer raak.
- Vul jou lewe met positiwiteit en vreugde. Kry ‘n toep wat jou daaraan kan herinner, plak vir jou inspirerende woorde op jou kantoormuur, lees ‘n boek, doen iets vir jouself.
- Detoks van negatiwiteit. As die slegte nuus in die koerant jou siek maak, blaai om of blaai af as jy dinge op Facebook sien wat jou dreineer.
- Doen iets goeds vir iemand. Al is dit ‘n blommetjie op ‘n kollega se tafel. Positiewe woorde en dade het ‘n rimpeleffek.
- Wees goed vir jouself en die mense om jou.
Die volledige artikel het op mollyhostudio.com verskyn. Klik hier om die volledige artikel te lees