Is jy ongelukkig in jou huwelik, maar jy weet nie hoekom nie? Voel dit asof jou maat jou nie verstaan nie of jou dalk nie raaksien nie? Dalk is sommige van jou behoeftes onvervuld.
Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind:
- Is jy op emosionele vlak gefrustreerd?
- Voel dit asof jou maat jou nie hoor nie?
- Voel jy soos ‘n gevangene binne jou huwelik?
- Sukkel jy om met jou maat te kommunikeer?
- Voel jy eensaam binne jou huwelik?
- Is jy ontevrede oor sekere aspekte van jou huwelik?
- Het jou behoeftes oor die afgelope paar jaar verander?
- Is jou maat onbewus daarvan?
- Voel jy ongeliefd?
- Voel jy asof jou maat nie meer jou kameraad is nie?
- Voel jy asof jy en jou maat uit pas is met mekaar?
- Voel jy asof jou maat te min tyd aan jou afstaan?
- Voel jy asof jou maat nie genoeg aandag aan jou gee nie?
- Voel jy asof jou maat jou nie waardeer nie?
As jou antwoorde op bogenoemde vrae meestal “ja” is, het jy waarskynlik onvervulde behoeftes. Probeer om dit aan jou maat oor te dra. As jy sukkel, oorweeg berading. Dit is nooit te laat vir ʼn verandering nie. Hierdie is ʼn probleem met ʼn oplossing!