Ons is gek na die produkte
NATASHA VAN WYK
Maak jou lyf sag met Body Benefits se (1) Loofah Bath Sponge, R54,99, en (2) Pumice Stone, R22,99, Pick n Pay, Game en Spar, en (8) Café de Bain Softening Shower Crème in Coconut Macaroon, R49,95, Pick n Pay
Smeer ‘parfuum’ aan jou lyf! (3) Avon Body Lotion in Cherish ruik nes die Eau de Parfum, R71,90, avon.co.za
Hierdie klein sponsies help dat jy onderlaag en verbloemer egalig aanwend. Perfek vir gebruik in moeiliker plekkies soos langs jou neusgate en die binneste hoeke van jou oë. (4) Original Beauty Blender Micro. Mini, R295, 27pinkx.co.za
Nuut van Inglot! Die (5) HD Perfect Coverup Foundation hou jou vel heeldag eweredig en verdoesel velfoute. Dit maak ook mooi mat, R395, Edgars
Mooi kleure vir jou oë, (6) Palladio Silk FX All-in-One Heral Eyeshadow in á La Mode, R115, Dis-Chem
(7) Catrice All Matt Plus Shine Control Powder werk heerlik en hou jou gelaat glansvry, R61,95, Dis-Chem
(9) Avon Advance Techniques Instant Repair 7 Treatment Spray help beskadigde hare nuwe lewe te kry. Dit bevat keratien, avokado-olie en vitamien E. Spuit aan klam hare, R85,90, avon.co.za
(10) Endocil Anti-Wrinkle Treatment Crème bevat suiwer retinol, R156,90, Dis-Chem
Bloos rooskleurig met (11) Benefit Coralista blosser, R345, Edgars
(12) dr. dermal Total Rejuvenation Facial Mask se sy-maskers bevogtig die vel, R299 vir vier, drdermal.co.za
(13) Karin Herzog Vita-a-Kombi with AHA Anti-Aging Face Cream bevat 1% suurstof en is perfek vir ouer, valer velle en ideaal om van plooie ontslae te raak! Moenie oor jou wenkbroue gebruik nie – die suurstof kan hul ligter maak! R874, karinherzog.co.za/076 363 3003
(14) Essie Nail Lacquer in Picked Perfect is ‘n natuurlike kleur wat by alle kleur uitrustings pas, R125
Helder naels is altyd pragtig! (15) Naillusion Everyday Nail Polish in Fiesta, R19,95, Dis-Chem
*Alle skoonheidprodukpryse is die voorgestelde verkoopprys. Pryse korrek teen druktyd
SOURCES
HEMA PATEL & verskaf