Die wenners van die agtste kykNET Silwerskermfees 2018 is op 25 Augustus in Kampsbaai aangekondig
Deur MARYKE ROBERTS
Foto’s Clifford Roberts en Retha Furgeson
Met glans en van die land se voorste akteurs op hul deftigste en met charismatiese aanbieders Shimmy Isaacs en Bennie Fourie, was dit waarlik dié geleentheid van die jaar.
Daar was ’n regstreekse uitsending van die kykNET Silwerskerm-toekennings op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146). Die aanbieders was Crystal Donna Roberts, Ivan Botha en Donna Lee Roberts.
Die kykNET Silwerskermfees is die afgelope paar dae by The Bay Hotel in Kampsbaai gehou. ’n Totaal van 54 films was op die feesprogram; waarvan ses vollengte films première het en om kykNET Silwerskerm-toekennings meegeding het. Dié films was: Ellen: Die storie van Ellen Pakkies ; Die stropers; Die seemeeu; Dominee Tienie; Kanarie en Ander mens.
Die kortfilmprojek het vanjaar 20 films ingesluit van onderskeidelik 11 of 22 minute lank.
Fliekvlooie kon van Woensdag tot Saterdag net voor die toekenningsgeleentheid in een van twee filmteaters by die hotel na die films kyk. Tussendeur is daar op die houtplatforms wat oor die see uitkyk en in die restaurante van die hotel met akteurs, regisseurs en filmmakers gekuier.
Die wenners is:
Kortfilms en kort-kortfilms
Beste kortfilm 11 Min: Die leeftyd van ‘n Orgidee
Beste kortfilm 22 Min: Axis Mundi
Beste regisseur: kortfilm 11 Min: Marí Borstlap Die leeftyd van ‘n Orgidee
Beste regisseur: kortfilm 22 Min: Matthew Jankes & Sean Steinberg Axis Mundi
Beste akteur: kortfilm: Brendon Daniels Cowboy Dan
Beste aktrise: kortfilm: Cindy Swanepoel Fluit Fluit
Beste draaiboek: kortfilm 11 Min: Milan Murray Kromkieriefontein
Beste draaiboek: kortfilm 22 Min: Matthew Jankes & Sean Steinberg Axis Mundi
Beste redigering: kortfilm: Alexander La Cock: Cowboy Dan
Beste tegnies: kortfilm: Johannes Pieter Nel: Kinematografie Benjamin
Vollengte films
Beste kinematograaf: Michal Englert vir Die Stropers
Beste produksie-ontwerp: Rocco Pool vir Kanarie
Beste klankontwerp en musiek: Evgueni & Sacha Galperine, Leandros Ntounis, Thomas Robert & Jean-Guy Veran vir Die Stropers
Beste redigering: Eva Du Preez vir Kanarie
Beste draaiboek: Amy Jephta vir Ellen, Die Storie van Ellen Pakkies
Beste vroulike byspeler: Cintaine Schutte vir Die Seemeeu
Beste manlike byspeler: Germandt Geldenhuys vir Kanarie
Beste aktrise: Jill Levenberg vir Ellen, Die Storie van Ellen Pakkies
Beste akteur: Jarrid Geduld vir Ellen, Die Storie van Ellen Pakkies
Beste regisseur: Christiaan Olwagen vir Kanarie
Beste speelfilm: Kanarie
Na afloop van die geleentheid het Karen Meiring M-Net Direkteur kykNET Kanale gesê: “Ek is dankbaar dat ek nie op die toekenningspaneel was nie, omdat die gehalte van die benoemde werk so goed was! ’n Nuwe standaard is gestel, en hiermee wil ons vir die filmmakers van volgende jaar sê: Kom daag ons uit! Baie geluk aan al die wenners.”
Die kortfilms word op 1 November op Showmax uitgesaai en die vollengte films word van vandeesweek tot April 2019 landswyd in fliekteaters vrygestel.