Die geheim van ’n lekker donkersjokoladekoek is goeie kakao. Hierdie klam sjokoladekoek kry ook ’n pakkie kitspoeding in wat dit ekstra klam maak
1 koek
Bestanddele
410 ml (12/3 k) koekmeel
180 ml (¾ k) kakao
1 pakkie sjokoladekitspoeding
10 ml (2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) sout
2 groot eiers
250 ml (1 k) karringmelk
125 ml (½ k) olie
5 ml (1 t) vanielje
500 ml (2 k) ligte bruinsuiker
250 ml (1 k) kookwater
10 ml (2 t) koffiepoeier
1 blik gekookte kondensmelk
sjokoladeversiersel
karamel-springmielies
Metode
Verhit oond tot 180 °C.
- Spuit twee koekpanne van 22 cm in deursnee met kleefwerende kossproei.
- Sif meel, kakao, kitspoeding, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
- Klits eiers, karringmelk, olie, vanielje en bruinsuiker saam.
- Vou meelmengsel by eiermengsel in.
- Meng kookwater en koffiepoeier.
- Vou warm koffiemengsel geleidelik by deeg in.
- Gooi deeg in panne en stamp liggies.
- Bak vir 45 minute.
- Laat oornag afkoel.
- Versier met gekookte kondensmelk en sjokoladeversiersel en sprinkel springmielies bo-oor.