Maklike serp- en muspatrone vir ’n klein dametjie
Deur Christa Swanepoel
Wat het jy nodig?
BLOU STEL
2 balle Family Knit Chunky (50 g-bal) in Hummingbird
1 bal Family Knit Chunky (50 g-bal) in Indigo
2 knope
5,5 mm-naalde
GROEN STEL
1 bal Pure Gold Chunky (100 g) in Limeade
1 bal Family Knit Chunky (50 g) in Florida
2 knope
5,5 mm-naalde
Grootte
Pas 6–12 maande
Afkortings
aw – aweregs; K4A – gl vlg 2 st op kn na agter, r2, r2 van kn; K4V – gl vlg 2 ste op kn na voor, r2, r2 van kn; K6A – gl vlg 3 ste op kn na agter, r3, r3 van kn; K6V – gl vlg 3 ste op kn na voor, r3, r3 van kn; kn – kabelnaald; r – regs; r2tes – regs 2 steke tesame
Wenke
Musgroottes is ongeveer soos volg: 3–6 maande: 36–43 cm 6–12 maande: 41–48 cm 12–36 maande: 46–48 cm Pas blou muspatroon aan deur meer herhalings van patroonrye en groen muspatroon deur die band langer te brei en bokant daarby aan te pas.
Spanning
15 ste en 21 rye = 10 cm met 5,5 mmnaalde oor koussteek
Aanwysings
BLOU STEL
SERP Stel 24 ste op. 1ste ry: r. 2de ry: r10, aw9, r5. 3de ry: r. 4de ry: r10, aw9, r5. 5de ry: r5, K6V, r13. 6de ry: r10, aw9, r5. 7de ry: r. 8ste ry: r10, aw9, r5. 9de ry: r8, K6A, r5, heg 2 ste af, r3. 10de ry: r3, stel 2 ste op, r5, aw9, r5. Herh 1ste tot 10de ry. Gaan voort met pat, maar maak knoopsgat soos volg in 35ste ry van begin af: r3, heg 2 ste af, r1, pat tot einde. Vlg ry: pat tot laaste 5 ste, r1, stel 2 ste op, r3. Gaan voort in pat tot werk sowat 60 cm lank is. Heg af.
Om te voltooi
Vou serp soos op foto met knoopsgate bo, merk plek vir knope op onderste deel en werk knope aan. MUS Stel 31 ste op. 1ste ry: r. 2de ry: r tot laaste st, draai. 3de ry: r. 4de ry: r28, draai. 5de ry: r. 6de ry: r26, draai. 7de ry: r. 8ste ry: r24, draai. 9ste ry: r. 10de ry: r22, draai. Eerste vorming voltooi. Herh 1ste tot 10de ry vir 110 rye of tot mus sowat 42–44 cm breed is op sy wydste kant (of so wyd soos verkies). Heg af. BLOM Stel 51 ste op en werk 4 rye in ks. 5de ry: r1, (heg 9 ste af) 5 keer. Jy sal nou 6 ste op jou naald hê. Knip draad af, ryg deur oorblywende ste, trek dit styf in en werk dit stewig vas.
Om te voltooi
Werk hoed se naat toe tot 4–5 cm van rand af. Vou oop rand op en werk blom daarop vas.
GROEN STEL
SERP Stel 24 ste op. 1ste ry: r. 2de ry: aw. 3de ry: ms9, r6, ms9. 4de ry: ms9, aw6, ms9. 5de ry: ms9, K4A, r2, ms9. 6de ry: ms9, aw6, ms9. 7de ry: ms5, heg 2 ste af, ms2, r2, K4V, ms2, heg 2 ste af, ms5. 8ste ry: ms5, stel 2 ste op, aw 6, ms2, stel 2 se op, ms 5. 9de ry: ms9, K4A, r2, ms9. 10de ry: ms9, aw6, ms9. 11de ry: ms9, r2, K4V, ms9. 12de ry: ms9, aw6, ms9. Herh 9de tot 12de ry tot serp sowat 60 cm lank is. Werk 2 rye rs. Heg af.
Om te voltooi
Vou serp soos op foto met knoopsgate bo, merk plek vir knope op onderste deel en werk knope aan. MUS Rand Stel 12 ste op en werk in ms tot werk sowat 45 cm lank is. Heg af. Bokant Stel 60 ste op en werk sowat 5 cm in ks. Vlg ry: r2tes tot einde. 30 ste. Vlg ry: aw. Vlg ry: r2tes tot einde. 15 ste. Vlg ry: aw. Vlg ry: r1, (r2tes) tot einde. 8 ste. Knip draad lank af, ryg deur oorbl ste, trek styf en werk stewig vas.
Om te voltooi
Vou rand sowat 5 cm oor mekaar en werk vas sodat flappie los is. Met regte kante op mekaar werk bokant se naat toe. Werk oor rand vas. Werk knope op flappie vas.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …