Verhoudings is allermins perfek, maar daar is ‘n paar dinge wat mense in verhoudings doen, wat beslis nie tot ‘n gelukkige en gesonde verhouding bydra nie …
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
- Jy breek jou maat af en het eintlik net mooi niks goeds oor hom of haar te sê
- Jy dink jy tree reg op in konflik, maar eintlik is jy ‘n meester in passiewe aggressiwiteit.
- Jy gee jou vriende en familie en selfs jou identiteit ter wille van ‘n verhouding prys.
- Jy gee jou finansiële onafhanklikheid prys, want jou maat gaan mos vir jou sorg.
- Jy probeer konstant jou maat beheer of verander.
- Jy vergeet heeltemal van jou eie drome en ideale.
- Jy speel die weerlose slagoffer en verwag van jou maat om die held op die wit perd te wees.
- Jy glo jou maat moet jou gelukkig maak en as dit nie gebeur nie …
- Jy maak die heeldag jou maat by jou mense sleg.
- Jy is die jaloerste mens op die planeet en jou maat kan skaars by sy of haar familie en vriende kuier …
BRON: www.liveboldandbloom.com