Hekel saam met Vrouekeur en Elle Yarns oulike hekelblokkies. Hier is hekelblokkie 6 se patroon
Click here for the English pattern
Klik hier vir hekelblokkie 5 se patroon
Belangrik
- Tensy aanbevole breidraad gebruik word, kan SAPROTEX nie verantwoordelikheid vir die eindproduk aanvaar nie.
- Weens beperkings in die drukproses word die kleurreproduksie so na aan die breidraad as moontlik weergegee.
- Die aanwysings is slegs vir een grootte.
Wat het jy nodig?
ELLE FAMILY KNIT VINTAGE DK (100 g)
Kleur van jou keuse
Ons het 28 g Cantaloupe 229 gebruik
4 mm-hekelnaald
Mate
± 27 cm x 27 cm
Spanning
Dis nie noodsaaklik nie, solank al die vierkante met dieselfde spanning gebrei word, behoort almal min of meer dieselfde grootte te wees.
Afkortings
alb – agterom-langbeen
beg – begin
don – draad om naald
driesl – drieslagsteek
gs – glipsteek
herh – herhaal
hlb – halwe langbeen
ks – kettingsteek
ks-sp – kettingsteekspasie
lb – langbeen
rdte – rondte
st(e) – steek (steke)
tes – tesame
Spesiale steke
alb – don, steek die hekelnaald van agter om balkie van lb en voltooi lb soos gewoonlik
bobbel – (don, steek hekelnaald in aangeduide steek en trek lus deur) 3 keer = 7 lusse op naald, don en trek deur 6 lusse, don en trek deur laaste 2 lusse.
Verstelbare ring (magic ring) –
Aanwysings
Met 4 mm-naalde begin met verstelbare ring (magic ring).
1ste rdte: 3 ks (= 1 lb), 11 lb in ring, gs in 3de ks aan beg = 12 lb.
2de rdte: 3 ks (= 1 lb), 1 lb in dies spasie as gs, 2 lb in elke lb rondom, gs in 3de ks aan beg = 24 lb.
3de rdte: 3 ks (= 1 lb), 2 lb in sp tussen 3 ks en vlg lb, *1 lb in sp tussen laaste en vlg lb, 2 lb in sp tussen laaste en vlg lb, herh van * rondom, gs in 3de ks aan beg = 36 lb.
4de rdte: 1 ks, werk kloksgewys, 1 kb in elke lb rondom met laaste kb in 1 ks, haal naald uit en steek in lus van eerste kb en trek lus wat gelos is deur = 36 kb.
5de rdte: gaan antikloksgewys voort en werk in agterkant van lb van 3de rdte, 3 ks (= 1 lb), *(2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg lb) 4 keer, 1 lb in vlg lb, herh van * nog twee keer, (2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg lb) 4 keer, gs in 3de ks aan beg = 52 lb.
6de rdte: 3 ks (= 1 lb), 1 lb in vlg lb, *(1 alb rondom vlg lb, 2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg lb) 3 keer, 1 alb rondom vlg lb, 1 lb in elk van vlg 3 lb, herh van * nog twee keer, (1 alb rondom vlg lb, 2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg lb) 3 keer, 1 alb rondom vlg lb, 1 lb in vlg lb, gs in 3de ks aan beg = 64 ste.
7de rdte: 3 ks (= 1 lb), *2 lb in vlg lb, (1 alb rondom vlg lb, 1 lb in elk van vlg 3 lb) 3 keer, 1 adl rondom vlg lb, 2 lb in vlg lb**, 1 lb in vlg lb, herh van * rondom en eindig by **, gs in 3de ks aan beg = 72 lb.
8ste rdte: 3 ks (= 1 lb), 1 lb in elk van vlg 2 lb, *(1 alb rondom vlg lb, 1 lb in vlg lb, 2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg lb) 3 keer, 1 alb rondom vlg lb**, 1 lb in elk van vlg 5 lb, herh van * rondom en eindig by **, 1 lb in elk van vlg 2 lb, gs in 3de ks aan beg = 84 lb.
9de rdte: 3 ks (= 1 lb), *2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg lb, (1 alb rondom vlg lb, 1 lb in elk van vlg 4 lb) 3 keer, 1 alb rondom vlg lb, 1 lb in vlg lb, 2 lb in vlg lb**, 1 lb in vlg lb, herh van * rondom, eindig by **, gs in 3de ks aan beg = 92 lb.
10de rdte: 3 ks (= 1 lb), 1 lb in elk van vlg 3 lb, *1 alb rondom vlg lb, 1 hlb in vlg lb, (3 ks, slaan 2 lb oor, 1 hlb in elk van vlg 3 lb) twee keer, 3 ks, slaan 2 lb oor, 1 hlb in vlg lb, 1 alb rondom vlg lb**, 1 lb in elk van vlg 7 lb, herh van * rondom, eindig by **, 1 lb in elk van vlg 3 lb, gs in 3de ks aan beg.
11de rdte: 3 ks (= 1 lb), 1 lb in elk van vlg 3 lb, *1 alb rondom vlg lb, (7 lb in 3ks-sp, 1 kb in middelste hlb) twee keer, 7 lb in 3ks-sp, slaan 1 hlb oor, 1 alb rondom vlg lb**, 1 lb in elk van vlg 7 lb, herh van * rondom, eindig by **, 1 lb in elk van vlg 3 lb, gs in 3de ks aan beg.
12de rdte: 3 ks (= 1 lb), 1 kb in elk vlg 3 lb, *1 alb rondom vlg lb, 3 ks, slaan 3 lb oor, 1 kb in vlg lb, 7 driesl in kb, bobbel in 4de lb van vlg blaartjie, 7 driesl in vlg kb, slaan 3 lb van vlg blaartjie oor, 1 kb in vlg lb, 3 ks, slaan 3 lb oor, 1 alb rondom vlg lb**, 1 kb in elk van vlg 7 lb, herh van * rondom, eindig by **, 1 kb in elk van vlg 3 lb, gs in 1ste ks.
13de rdte: 2 ks (= 1 hlb), 1 hlb in elk van vlg 3 kb, *1 alb rondom vlg lb, 1 hlb in elk van vlg 3 ks, 1 hlb in kb, 1 hlb in elk van vlg 4 driesl, 1 ks, (1 driesl, 1 ks) 7 keer in bobbel, slaan 3 ste van blaartjie oor, 1 hlb in elk van vlg 4 driesl, 1 hlb in kb, 1 hlb in elk van 3 ks, 1 alb rondom vlg lb**, 1 hlb in elk van vlg 7 kb, herh van * rondom, eindig by **, 1 hlb in elk van vlg 3 kb, gs in 2de ks aan beg.
14de rdte: 1 ks (= kb), 1 kb in elk van vlg 12 ste, *1 kb in 1ks-sp, slaan ks oor, werk 1 kb in elk van vlg 3 driesl, 3 kb in vlg driesl, 1 kb in elk van vlg 3 driesl, 1 kb in 1ks-sp**, 1 kb in elk van vlg 25 ste, herh van * rondom, eindig by **, 1 kb in elk van vlg 12 ste, gs in ks aan beg = 35 kb langs elke sy tussen hoekste. Heg af.
Werk los drade weg. Blok vierkant volgens mate, bedek met klam lap en laat om droog te word.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.