Raak dinge vir jou te veel en smag jy na ‘n rustiger, eenvoudiger lewe? Ons het 30 dinge opgespoor wat jou kan help
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
- Prioritiseer.
- Maak tyd vir jou geestesgesondheid – doen iets vir jouself.
- Kry ‘n dagboek en skryf alles neer.
- Maak vir minstens 10 minute per dag dinge netjies by jou lessenaar en huis.
- Gee jouself nou en dan ‘n dag af en ontspan.
- Maak jou werksruimte netjies as jy klaar is.
- Kyk minder TV.
- Kry ‘n begroting en betaal jou skuld af.
- Verminder klotter in jou huis. Gee weg en gooi weg wat jy nie gebruik nie.
- Sê meer gereeld nee.
- Elimineer toksiese mense uit jou lewe.
- Maak van jou huis ‘n plek waar jy kan rus en ontspan.
- Kuier saam met ‘n paar vriende.
- Kry ‘n stokperdjie.
- Bestee meer tyd in die natuur.
- Gesels met iemand oor dinge wat jou pla.
- Kry vir jouself ‘n oggendroetine.
- Lees dinge wat jou motiveer en inspireer.
- Probeer elke dag ‘n bietjie fisieke aktiwiteit inkry.
- Doen eers die minder lekker take by die werk.
- Waardeer jou tyd en ander mense s’n.
- Pasop vir te veel negatiewe nuus. Skakel nou en dan net af.
- Ry stadiger of vroeër.
- Vra vir hulp as jy dit nodig het.
- Ontspan regtig voor jy gaan slaap.
- Moenie sosiale media ‘n uur voor jy opstaan en ‘n uur na jy opstaan, gebruik nie.
- Kyk na jou verwagtinge. Verwag jy te veel van jouself en ander mense.
- Sit soms net. Word stil. Hou stiltetyd of mediteer.
- As jy kwaad of moedeloos voel, gaan sit eenkant en dink oor wat gebeur en wat jy daaraan kan doen.
- Skaal af en verminder die dinge wat jou bedruk maak.
BRON: Scale it simple