Hekel pragtige delft-teëls! Gebruik drie blokpatrone en skep jou eie teëlontwerp.
Deur KAREN ADENDORFF
Foto ELMARIE KNAPTON
Moeilikheidsgraad: *
Benodigdhede (vir 9 blokke )
- Vinnis Colours Nikkim DK (50 gballe): 1 bal elk Royal Blue (532), White (598) Navy (589) en Midnight (576)
- 3 mm-hekelpen
- Skinkbord met los (bladgedeelte = ongeveer 30 x 30 cm)
- Handwerkverf, vernis en kwas
- Naald met groot oog
Grootte
30 cm x 30 cm
Afkortings en steekverduidelikings
beg = begin, dies = dieselfde, dsl = dubbelslagsteek, gs = glipsteek, h/af = heg af, herh = herhaal, hlb = halflangbeen, kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, rdte = rondte, sdop = slaan draad oor pen, sp = spasie, st = steek, vlg = volgende. Picot: 3 ks, gs in dies st. Dubbelslagsteek: slaan draad twee keer om pen, steek pen in spesifieke st, sdop en trek ’n lus deur, (sdop en trek deur 2 lusse op pen) 3 keer.
Hekel ook ’n boheemse tuniek
Patroon
Gebruik die kleure na willekeur en hekel 3 blokke van elke patroon.
Blokkie 1 (blompatroon)
Met kleur 1: hekel 4 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 4 ks, (1 lb, 1 ks) 7 keer in ring, gs in 3de van 4 ks = 8 lb. H/af.
2de rdte: met kleur 2: 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in elke lb en 2 kb in elke 1 ks-sp, gs in beg-kb = 24 kb.
3de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st en in elke kb tot einde, gs in beg-kb. H/af.
4de rdte: met kleur 3: 1 ks, 1 kb in dies st, 7 ks, slaan 2 kb oor, 1 kb in vlg kb, *7 ks, slaan 2 kb oor, 1 kb in vlg kb, herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
5de rdte: met kleur 2: heg aan in 1ste kb oorgeslaan in rdte 4 (werk hierdie rdte agter rdte 4 in rdte 3 en vou lusse na voor terwyl jy werk): 3 ks, 1 lb in dies st, 2 lb in vlg kb, *2 lb in vlg 2 kb wat in rdte 4 oorgeslaan is, herh van * tot einde, gs bo in 3 ks = 32 lb.
6de rdte: 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg lb, 2 kb in vlg lb, *1 kb in vlg 3 lb, 2 kb in vlg lb, herh van * tot einde, eindig met 1 kb in laaste lb, gs in beg-kb = 40 kb. H/af.
7de rdte: met kleur 2: 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg kb, 1 kb in vlg kb deur 7 ks-ls, *1 kb in vlg 4 kb, 1 kb in vlg kb deur 7 ks-ls, herh van * tot einde, eindig met 1 kb in laaste 2 kb, gs in beg-kb. H/af.
8ste rdte: met kleur 1: 1 ks, 1 kb in dies st, 4 ks, slaan 3 kb oor, 1 kb in vlg kb, 3 ks, slaan 2 kb oor, (2 lb, 3 ks, 2 lb) in vlg kb, 3 ks, slaan 2 kb oor, *1 kb in vlg kb, 4 ks, slaan 3 kb oor, 1 kb in vlg kb, 3 ks, slaan 2 kb oor, (2 lb, 3 ks, 2 lb) in vlg kb, 3 ks, slaan 2 kb oor, her van * tot einde, gs in beg-kb.
9de rdte: gs tot in 4 ks-sp, 2 ks, 1 kb in dies sp, 4 ks, 1 kb in vlg lb, (2 lb, 2 ks, 2 lb) in 3 ks-sp, slaan 1 lb oor, 1 kb in vlg lb, 4 ks, slaan 3 ks-sp oor, *(1 kb, 2 ks, 1 kb) in vlg 4 ks-sp, 4 ks, 1 kb in vlg lb, (2 lb, 2 ks, 2 lb) in vlg 3 ks-sp, slaan 1 lb oor, 1 kb in vlg lb, 4 ks, slaan 3 ks-sp oor, herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
10 rdte: met kleur 3: 3 ks, 2 lb in 2 ks-sp, 1 lb in vlg kb, 3 lb in vlg 4 ks-sp, 1 lb in vlg kb, 1 lb in vlg 2 lb, (1 lb, 2 ks, 1 lb) in 2 kssp, 1 lb in vlg 2 lb, 1 lb in vlg kb, 3 lb in vlg 4 ks-sp,* 1 lb in vlg kb, 2 lb in 2 ks-sp, 1 lb in vlg kb, 3 lb in vlg 4 ks-sp, 1 lb in vlg kb, 1 lb in vlg 2 lb, (1 lb, 2 ks, 1 lb) in 2 ks-sp, 1 lb in vlg 2 lb, 1 lb in vlg kb, 3 lb in 4 ks-sp, herh van * tot einde, gs bo in 3 ks. H/af.
Hekel ook vingerlose handskoene
Blokkie 2 (Kantblok)
Met kleur 1: hekel 4 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 1 ks, 8 kb in ring, gs in 1ste kb.
2de rdte: 6 ks, 1 lb in dies st, 1 ks, slaan 1 kb oor, [(1 lb, 3 ks, 1 lb) in vlg kb, 1 ks, slaan 1 kb oor] 3 keer, gs in 3de van 6 ks. H/af.
3de rdte: met kleur 2: heg aan in 3 ks-sp, (3 ks, 1 lb, 3 ks, 2 lb) in dies sp, 1 ks, 1 kb in vlg 1 ks-sp, 1 ks, [(2 lb, 3 ks, 2 lb) in vlg 3 ks-sp, 1 ks, 1 kb in vlg 1 ks-sp, 1 ks] 3 keer, gs bo in 3 ks. H/af.
4de rdte: met kleur 3: heg aan in 3 ks-sp, 6 ks, (1 lb, 5 ks, 1 lb, 3 ks, 1 lb) in dies sp, (1 lb, 1 ks, 1 lb) in vlg kb, [(1 lb, 3 ks, 1 lb, 5 ks, 1 lb, 3 ks, 1 lb) in vlg 3 ks-sp, (1 lb, 1 ks, 1 lb) in vlg kb)] 3 keer, gs in 3de van 6 ks. H/af.
5de rdte: met kleur 2: heg aan in 1 ks-sp, 3 ks, (1 lb, 1 picot, 1 lb) in dies sp, (1 kb, 1 hlb, 1 lb) in vlg 3 ks-sp, 1 lb in vlg lb, (3 dsl, 3 ks, 3 dsl) in vlg 5 ks-sp, 1 lb in vlg lb, (1 lb, 1 hlb, 1 kb) in vlg 3 ks-sp, [(2 lb, 1 picot, 1 lb) in vlg 1 ks-sp, (1 kb 1 hlb, 1 lb) in vlg 3 ks-sp, 1 lb in vlg lb, (3 dsl, 3 ks, 3 dsl) in vlg 5 ks-sp, 1 lb in vlg lb, (1 lb, 1 hlb, 1 kb) in vlg 3 ks-sp] 3 keer, gs bo in 3 ks. H/af.
6de rdte: heg aan in 3 ks-sp, 1 ks, *(1 kb, 3 ks, 1 kb) in 3 ks-sp) 4 ks, slaan 3 ste oor, 1 kb in vlg st, 6 ks, 1 kb in picot, 6 ks, slaan 3 ste oor, 1 kb in vlg st, 4 ks, herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
Hekel ook ’n fyn handsakkie
Blokkie 3 (Sirkelpatroon)
Met kleur 1: hekel 6 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 11 lb in ring, gs bo in 3 ks = 12 lb. H/af.
2de rdte: met kleur 2: 3 ks, 1 lb in dies st, 2 lb in vlg en in elke lb tot einde, gs bo in 3 ks = 24 lb. H/af.
3de rdte: met kleur 3: 2 ks, 2 lb in vlg lb, 2 dsl in vlg lb, 2 lb in vlg lb, 1 hlb in vlg lb, (1 kb, 3 ks, 1 kb) in vlg lb, *1 hlb in vlg lb, 2 lb in vlg lb, 2 dsl in vlg lb, 2 lb in vlg lb, 1 hlb in vlg lb, (1 kb, 3 ks, 1 kb) in vlg lb, herh van * tot einde, gs bo in 2 ks. H/af.
4de rdte: met kleur 4: (werk in agterlusse): 1 ks, 1 kb in dies st, 1 kb in vlg 8 ste, (1 kb, 3 ks, 1 kb) in 3 ks-sp, *slaan vlg kb oor, 1 kb in vlg 9 ste, (1 kb, 3 ks, 1 kb) in 3 ks-sp; herh van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.
5de rdte: met kleur 3: (werk in agterlusse): 3 ks, 1 lb in vlg 3 kb, 2 lb in vlg kb, 1 lb in vlg 5 kb, (1 kb, 3 ks, 1 kb) in vlg 3 ks-sp, *slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg 4 kb, 2 lb in vlg kb, 1 lb in vlg 5 kb, (1 kb, 3 ks, 1 kb) in 3 ks-sp, herh van * tot einde, gs bo in beg-3 ks = 11 ste oor elke sy. H/af.
6de rdte: met kleur 2: 3 ks, 1 lb in vlg 3 ste, 1 hlb in vlg st, 1 kb in vlg 2 ste, 1 hlb in vlg st, 1 lb in vlg 4 ste, (2 dsl, 2 ks, 2 dsl) in 3 ks-sp, slaan 1 kb oor, *1 lb in vlg 4 ste, 1 hlb in vlg st, 1 kb in vlg 2 ste, 1 hlb in vlg st, 1 lb in vlg 4 ste, slaan 1 kb oor, (2 dsl, 2 ks, 2 dsl) in 3 ks-sp, herh van * tot einde, eindig met gs bo in beg-3 ks = 12 ste oor elke sy. H/af.
Afwerking
- Verwyder los glasblad.
- Verf skinkbord met twee tot drie lae handwerkverf aan skinkbord aan en laat goed tussen elke laag droog word.
- Wend twee lae vernis aan en laat goed tussen elke laag droog word.
- Werk al die los drade van die blokke weg.
- Span die blokke.
- Rangskik die blokke in drie rye van drie blokke elk en werk aan mekaar vas.
- Hekel ’n ry hlb rondom met (2 hlb, 2 ks, 2 hlb) in elke hoek. H/af en werk los drade weg.
- Plaas hekelwerk op skinkbordblad en plaas die glasblad bo-op.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.