Hierdie mieliebrood is vreeslik maklik om te maak en baie lekker!
6–8 porsies
420 g (1 blik) geroomde mielies
250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
60 ml (¼ k) olie
60 ml (¼ k) suiker
1 ml sout
2 eiers
Maak ook hierdie braaivleismielietert
Metode
Voorverhit oond tot 180˚C of gebruik Weber met matige kole en deksel.
- Meng al die bestanddele.
- Giet in gesmeerde kastrol of pan.
- Bak vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom.