Is dit nou nie ’n oulike ontbyt nie? Bederf jou mense met lekker eierbrood-rolletjies
6–8 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
1 25 g (½ pak) spek, in klein blokkies gesny
1 25 g (½ pakkie) sampioene, fyngesny
5 ml (1 t) gemengde kruie
10–12 snye brood
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
2 eiers
125 ml (½ k) melk
knypie sout en swartpeper
Maak ook spek-en-kaas-aartappelwafels
Metode
- Braai ui, spek en sampioene tot gaar. Sprinkel kruie by en soteer verder.
- Sny broodkorsies af en druk brood effe platter.
- Plaas eetlepel vulsel en bietjie kaas aan onderkant van sny brood. Rol broodjie op sodat vulsel in middel is.
- Klits eiers, melk, sout en peper. Doop broodrolletjie daarin. Braai liggies oor kole of in pan met botter.
Wenk
Smeer die rooster effens met kookolie sodat rolletjies nie vassit nie